Weg!

DIE STIL HART VAN DIE TUINROETE

Dis die middel van die skoolvakansie in die middel van die Tuinroete en hier is nie ’n siel in sig nie!

Ja, goed, dis winter, maar op Knysna lyk dit soos die dag voor Kersfees! Ek was dorp toe vir inkopies, en óral was mense. Die jaarlikse Oesterfees is aan die gang en Woolies is ’n miernes. Ek moes telkemale koes vir iemand in veldloop-tights wat die rakke plunder.

Die Knysna Mall het nie eens meer vuurmaakhout nie; dus is ek Buffelsbaai toe, wat gewoonlik ’n stil dorpie is. Selfs hier het dit gewemel van vakansiegangers. En dit blyk elke huishouding stook ’n kaggel. Einde ten laaste het ek een sakkie by ’n winkeltjie opgespoor, waarskynlik net omdat die sakkie geskeur en van die stompe al uitgeval het.

Met ’n vuurtjie wat knetter, kyk ek nou deur die groot vensters van die Otters Restselfsorghuis en sien geen siel nie. Die enigste lewende wese is ’n swartkopreier wat ’n rietbedding vernuftig systap.

bewaar 16,5 km van die kuslyn tussen die vakansiedorpe Sedgefield en Knysna. Op sekere plekke strek die reservaat tot by die N2, maar, nog belangriker, dit strek een seemyl (sowat 2 km) see-in. Dié mariene beskermde gebied huisves bedreigde waterskilpaaie soos die karetskilpad en groenseeskilpad; en die aflandige riwwe is belangrike broeiplekke vir stokvis en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related