VIR byna twee dekades was Benita Botha in die kloue van ’n kultusleier wat klimtol met haar emosies gespeel het. Sy is van haar familie vervreem, gedwing om geld by die bank te leen om die selfaangewese “profeet” se gierigheid te bevredig, en haar gesinslewe is vernietig.
Tog sou sy enigiets doen vir Yvonne Kruger, wat sy “Moekie” genoem het. En toe sy oplaas uit Die Profetiese Eindtyd Bediening geskop word, was Benita verpletter.
“Dit is die ironiese ding … Ek het nie self geloop nie,” sê Benita (nou 50). “Toe ek uitgeskop is, het ek nagte omgehuil. Ek het nie geweet wie ek is nie; ek het nie geweet wie Benita is nie. Ek het geen identiteit gehad nie.”
Dis al nege jaar in haar huis in Centurion.