Huisgenoot

DIE GERAAMTES VAN HOOL 88

DIE STRAF- KAMER HET JARE LANK DIE KOSHUIS SE DERMS VER- STEEK: FOTO’S VAN KAAL STUDENTE EN SKOKKENDE ILLUSTRASIES VAN GRAFIESE SEKSTONELE

HULLE noem dit al geslagte “die Plek”. In die Plek kry alles en byna almal ’n bynaam.

Die seniors is “Oumanne”. Die afdeling waar die veterane bly, is “Bachelors”.

Die ander studente bly in “Republieke”, met name soos “Tjommies” en “Wankers”.

Die badkamer – eens net ’n oop, gedeelde stortplek, maar nou afgeskort vir vandag se premie op privaatheid – is “Mrs. Jones”.

Die kroeg waar jy brandewynen-Coke drink, is “die Pub”. Jou meisie is ’n “Dol”.

Die binnehof is “die Kwod”, en die bankies waarop jy sit wanneer jy toekyk hoe die ouens bietjie “Kwottie” (krieket) speel of iemand in die binnehof met sy kar wheelies gooi, is “Kwotties”.

’n Kamer is ’n “hool”.

En die mees berugte hool – die geheime een wat van álles weet, met die name van geslagte manne in geel, rooi en swart gespuitverf teen sy mure – is “Hool 88”.

Dan is daar die kamer wat generasies se gebruike en tradisies veilig ag-ter slot en grendel moes bewaar – die “Strafkamer”. Dis dié naam wat die studente van Wilgenhof nie wou hê enigiemand anders moet hoor nie.

Want “Willows”, soos sy inwoners dit noem, het baie “Huisreëls”. En as studente die reëls verbreek, word hulle gestraf deur die koshuis se dissiplinêre komitee, die “DK”, wie se bynaam net gefluister word: “die Nagligte”.

En, blyk dit, dis nie net die eerstejaars wat deurloop nie. Hulle het dit soms rof. Maar selfs

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related