Weg!

Die wilde(r) kus

OOSAFRIKA Deel 3REISJOERNAAL

Dit het ’n hele paar taxiritte gekos om van die dorpie Songwe by die Malawi-Tanzanië-grens tot by Nkhata Bay aan die oewer van die Malawimeer te vorder – dié skof van 315 km het sowat 12 ure geneem. Die bestuurders is gereeld by padblokkades deur die polisie afgetrek om een of ander boete te betaal... kwansuis omdat hulle vyf zungus (wit mans) in die motor het. Dit het ons telkens sowat 20 minute en R20 gekos om die situasie te ontlont.

My seun, Ryan, my vriende Pete Meyer en Paul Kalil, en Paul se seun, Josh, reis saam met my. By Nkhata Bay neem ons ons intrek vir drie nagte by die Soul Rebel Lodge & Backpackers. Dis ’n welkome blaaskans en ons beoog om ’n slag wasgoed te doen en met rum-en-Coke te ontspan.

Die eerste aand is nogal lawaaierig – skynbaar het die dorpie se honde iets gehad om te vier! (Dis waarom ek altyd met oorpluisies reis.) Maar die volgende oggend vergoed ’n onverbeterlike sonsopkoms oor die meer vir die rustelose nag en teen die namiddag voel ons vars en uitgerus. Ons “Africa – Wild & Untamed!”-avontuur het 22 dae vantevore begin toe ons uit Durban tot in Ethiopië gevlieg het. In die daaropvolgende weke is ons op ’n warrelwindtoer deur Rwanda en Uganda, gevolg deur ’n draai in Tanzanië. Ons was eers Mafia-eiland toe en het daarna tot by Mbeya in die binneland gereis. En nou’s ons hier – in Malawi. (Sien uitgawes #210 en #211 – Red.)

Van die twee jong mans in ons geledere – Ryan en Josh – het ons die vorige aand min gesien. Hulle het by die nabygeleë Butterfly Space Eco Lodge gaan partytjie hou. Maar nou is die groepie weer voltallig en reg vir die volgende bestemming op die agenda: Om van Nkhata Bay af tot by die Likoma-eiland te vaar. Daarvandaan wil ons aan die Mosambiekse kant van die meer die dorp Cobue aandoen waar ’n plaaslike gids ons op ’n wildernisstaptog suid van die dorp

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg1 min read
Kyk Hier!
Wanneer die sentrale deel van Botswana somerreën kry, dreineer die water na die Makgadikgadipanne, wat dan die habitat word van duisende flaminke en ander watervoëls. By die Nata Bird Sanctuary het jy maklike toegang tot die Sowapan, die oostelike de
Weg5 min read
Die Noord-Kaap Maak Heel
Amper elke dag moet Genevieve Maasdorp vir mense beduie hoe die paaie na die /Ai-/Ais-Richtersveld-oorgrenspark toe lyk. Ook wat die toestand van die roetes in die Kgalagadi-oorgrenspark of die Namakwa- of Augrabies- of Mokalanasionale park is. En da

Related Books & Audiobooks