Huisgenoot

DIE GEHEIME LEWE VAN JACKIE O

‘SY HET GEWEET HY HET HAAR VERKUL, MAAR DIT WAS DIE OMVANG DAARVAN WAT NÁ SY DOOD ONTHUL IS, WAT HAAR VERPLETTER HET’

DIE onopvallende wit kartonboks het jare lank vergete in ’n donker hoek van die solder gestaan. Eers toe die boks oopgemaak is, is die grusame inhoud daarvan onthul.

Netjies opgevou binne, steeds met die bloed van pres. John F. Kennedy bevlek, was die pienk pakkie wat die presidentsvrou, Jackie Kennedy, op 22 November 1963 gedra het toe haar man in Dallas doodgeskiet is.

Die verstommende openbaring dat die Chanel-uitrusting, een van die mees herkenbare kledingstukke in die geskiedenis, twee dekades lank onbewaak op die solder van haar ma, Janet Auchincloss, se huis in die stad Washington gestaan het, is een van ’n rits onthullings in ’n nuwe boek oor Amerika se beroemdste presidentsvrou.

Janet, wat in 1989 op 81 oorlede is, het die uitrusting gekry by Providencia Pare- des, Jackie se huiswerker in die Withuis, nadat ’n uitgeputte Jackie op die aand van haar man se sluipmoord na die Withuis teruggekeer het.

Die presidentsvrou het geweier om die bloedbevlekte pakkie uit te trek, selfs toe John se opvolger, Lyndon B. Johnson, aan boord van Air Force One as president ingehuldig is. “Laat hulle sien wat hulle gedoen het,” het sy gesê.

Volgens die skrywer J. Randy Taraborrelli, wie se nuwe boek, , onlangs gepubliseer is, was Jackie met afgryse vervul toe haar ma die uitrusting in die middel-1980’s op haar solder

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related