Huisgenoot

UITGEVANG NÁ SY VLUG

DIT is ’n plek waar niks noemenswaardig ooit gebeur nie. Die stil, klein dorpie wat tussen weivelde en strome aan die oewer van ’n meer in New England nestel, het ’n enkele stel verkeersligte, ’n bevolking van minder as 2 000 en van die laagste misdaadsyfers in Amerika.

Toe die geraas van twee vliegtuigies hoog bo in die lug teen dagbreek een someroggend in 2020 die rus versteur, het verbaasde inwoners van Bradford, New Hampshire, gou besef iets is aan die broei.

Maar wat? Party het die bure gebel om te hoor of enigeen iets weet; ander het uitgehardloop om te gaan kyk.

Dick Morris, ’n skrynwerker, was een van die eerstes wat om vyfuur ’n gedreun gehoor het. “Toe ek uitgaan om my bakkie om seweuur te laai, het die vliegtuig nog rondgevlieg,” onthou hy.

“Ek het gedink: ‘Wat de duiwel doen hierdie ou wat so om en om vlieg?’ ”

Nog ’n inwoner het op 15 voertuie afge- kom wat op ’n ry in die hoofstraat staan. Hy wou weet wie hulle is en wat hulle daar doen. Toe sê hulle vir hom hulle is van die New England Aerial Map Society.

‘HULLE HET GESÊ HAAR NAAM MOENIE BEKENDGEMAAK WORD NIE. SY WOU WEET WAT DIE VLUG-PATRONE OOR DIE HUIS WAS, WAT BAIE VREEMD WAS’

Ongelukkig vir hulle het die inwoner, ’n kenner van geologie en kaarte, geweet daar bestaan nie so ’n vereniging nie. Hy het gevra of hy een van hul

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related