Anderkant die reënboog
Nog ’n week, nog ’n belaglikheid. Hoe anders om die nuutste voorstel te beskryf dat tot 75% swart eienaarskap verlang gaan word voor ’n watergebruikslisensie in die toekoms uitgereik sal word? Net nog ’n onsinnigheid in ’n land waarin ’n magdom onsinnighede ons nou begin inhaal en die ekonomie op sy knieë dwing.
Hoef ’n mens enigsins verder te kyk as die sinlose verwoesting