Landbouweekblad

Briewe

GERESPEKTEERDE REGBANK?

WENBRIEF

’n Vriend sê die ander dag dat dit vervelig raak as mense telkens kerm oor alles in Suid-Afrika wat in duie gestort het of op pad is daarheen. Die lys is te lank en dit is makliker om die paar te noem wat nog werk. Hy noem dan onder meer die parlement en howe wat nog goed funksioneer.

Wat die parlement betref, het die vriend natuurlik nie geweet dat sekere instellings deesdae maklik daarin slaag om die parlement se oorsigfunksie te systap en daarmee weg te kom nie. Om slegs twee voorbeelde te noem:

■ Op 19 Februarie 2020 ontduik die voorsitter en uitvoerende hoof van die staatsdienspensioenfonds die staande komitee oor finansies en beantwoord nie 74 vrae deur lede van die komitee nie. Sommige vrae het oor moontlike ernstig misdadige transaksies van miljoene rande gegaan. Die antwoorde is steeds uitstaande.

■ Op 14 Junie 2022 toe die openbare beleggingskorporasie aan ’n parlementêre komitee verslag doen, verswyg hy diefstal van R150 miljoen – weer van geld wat aan die staatsdienspensioen fonds behoort. Niks gebeur daaroor nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Kalender
5-7 JUNIE: Agbiz-kongres. Sun City-konferensiesentrum. E-pos: temba@agbiz.co.za 12-13 JUNIE: Nasionale Wolkwekersvereniging-kongres. Tel. 041 365 5030, web: nwga.co.za 25-27 JUNIE: Africa Agri Techkonferensie. CSIR-konferensiesentrum, Pretoria. Tel.
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad5 min read
Geringe Steun Stuit Geensins SA Boere
Dit is ’n feit dat regerings die landbou ondersteun en dat dié ondersteuning in baie lande nie juis afneem nie. Die sekretariaat van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) doen gereeld navorsing oor landboubeleide en staats

Related