DIS nou al byna twee jaar gelede dat haar dogter lewenslank tronk toe gestuur is nadat die polisie in Thailand haar met ecstasy betrap het.
Ashley Oosthuizen hou vol sy het nie geweet daar is dwelms in die pakkie wat ’n vriend haar gevra het om namens hom te ontvang nie.
Ná haar pleidooie aan die Thaise hof is haar vonnis verlede Augustus tot 33 jaar verkort – wat beteken sy sal 57 wees wanneer die tronkdeur oopswaai.
Vir Lynn Blignaut se moederhart het dit te veel geword. Agt maande gelede het sy sak en pak na Thailand verhuis om naby haar dogter te wees. En onlangs het sy die troos gehad om haar kind op haar 24ste verjaardag te sien.
“Hoewel sy 99,99% van die tyd vrolik en positief is, weet ek dit is vir haar uiters moeilik om nie drukkies te kan ontvang en gee en saam met haar.