SELFS om een keer in jou lewe met kanker gekonfronteer te word kan ’n verpletterende ervaring wees. Jane Fonda het egter al ophou tel hoeveel keer die groot K aan haar deur kom klop het.
In 2016 het sy ’n mastektomie ondergaan nadat sy uitgevind het sy ly aan borskanker. Twee jaar later is sy met verbande aan haar gesig opgemerk nadat sy ’n kwaadaardige groeisel van haar lip laat verwyder het. In dieselfde jaar het sy haar broer, Peter (79), aan longkanker afgestaan.
“Ek het al baie kanker gehad,” sê Jane (84). “Ek het te veel in die son gelê. Wanneer ek ’n dag af het, gaan ek na my dermatoloog en laat ’n chirurg dinge van