Landbouweekblad

ISAAC SE GROOT OOMBLIK

Ek het oudpres. Nelson Mandela nie persoonlik geken nie, maar ek het iemand soos hy geken. Sy naam was Isaac Phadi en hy het by my gejag. ’n Ware brugbouer tussen wit en swart in die jare net ná die eerste demokratiese verkiesing.

Hoe wens ek nie ons kon vandag steeds die Mandelas en Phadi’s in ons samelewing hê nie. Maar kom ons begin by die begin.

In 1992 het byna 70% van Suid-Afrika ten gunste van verandering gestem. In 1994 het die eerste demokratiese verkiesing plaasgevind wat die ANC aan bewind sou plaas. Die volgende jaar het die eerste munisipale verkiesing plaasgevind wat die ANC ook op plaaslike vlak grootliks in beheer sou plaas.

Ek was toe, en is steeds, woonagtig in wat destyds bekend was as die stadsraad van Roodepoort. My goeie vriend Willie van der Schyf was voor 1994 twee jaar agtereenvolgens die burgemeester van Roodepoort, destyds bekend as die vyfde grootste stad in Suid-Afrika. Die bestuurder van die burgemeesterskantoor was Ferdie Leygoni, vandag nog ’n goeie vriend.

Met die herafbakening van munisipale grense is die ou Roodepoort-stadsgebied vergroot om ook gebiede soos

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad4 min read
Miljoene Dollar Wag Vir SA Teelmateriaal
Die eerste uitvoerprotokol sal na verwagting met Rusland aangegaan word. Dit kan ’n domino-uitwerking tot gevolg hê wanneer verdrae met ander uitvoerlande volg. Die Russiese protokol sloer reeds 12 maande, tot groot frustrasie van die Russiese ambass

Related