HIER IS HUNTER!
TOE ek in November 2019 hieraan begin skryf het, was ek midde-in ’n politieke storm. Die president van Amerika het my byna daagliks van die South Lawn van die Withuis beswadder. Hy het my naam by saamtrekke uitgeroep om sy ondersteuners op te stook.
“Where’s Hunter?” het “Lock her (Hillary Clinton) up!” as Donald Trump se gunstelingslagspreuk vervang. Jy kon selfs ’n Where’s Hunter?-T-hemp op sy veldtog se webtuiste koop – R350, van klein tot 3XL-groottes.
Kort daarna het ondersteuners met MAGA-pette buite die hek van my en my vrou, Melissa, toe vyf maande swanger, se huurhuis in Los Angeles begin rondhang. Ons het die polisie ontbied om van hulle ontslae te raak. Tog het die dreigemente – waaronder ’n anonieme teksboodskap aan een van my dogters by die skool om haar te waarsku hulle weet waar ek bly – ons gedwing om ’n veiliger adres te soek. Melissa was vreesbevange – oor haar, ons en ons baba se veiligheid.
Ek het die teiken geword van Trump se vrees dat hy nie herverkies sou word nie. Hy het samesweringsteorieë oor werk wat ek in Oekraïne en China gedoen het, begin verkondig. Ek het verwag die president sou al heelwat vroeër veel persoonliker geraak het en die duiwels en verslawings uitbuit waarteen ek jare lank reeds veg.
Waar’s Hunter? Ek’s hier. Ek is al deur erger dinge in die gesig gestaar en het oorleef. My ma en babasussie is in ’n motorongeluk dood toe ek twee was, my pa het ’n lewensgevaarlike breinaneurisme en embolisme in sy 40’s oorleef en my broer het heeltemal te jonk aan ’n verskriklike breinkanker gesterf. Ek kom uit ’n familie wat deur tragedies gesmee is en deur ’n merkwaardige, onvernietigbare liefde saamgesnoer word.
Vir die rekord: Ek is ’n 51-jarige pa wat drie pragtige dogters (uit
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days