Huisgenoot

ASSEBLIEF, HELP ONS!

TOE die vragmotor vol kos stilhou, stroom die mense nader. Hulle is desperaat. En hulle is honger. Honger vir enigiets om te eet ná dae en weke en maande van swaarkry en sukkel en raap en skraap.

“Ek kan dit soms nie vat om te sien hoe oumas en oupas met Tupperware aangehardloop kom nie. Dan is dit partykeer al laat in die aand. Mense in rolstoele. Kinders wat ander kleiner kindertjies op hul rug abba…

Aan die woord is Corene Conradie (29), die liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers se koördineerder in die Oos-Kaap. Tonele soos dié is algemeen by die 18 sopkombuise waar die organisasie in dié provinsie hulp verleen, sê sy.

In groot gedeeltes van die Oos-Kaap is mense al die afgelope paar jaar op hul knieë weens die knellende droogte wat nimmereindigend voortsleep. Maar die inperking was die spreekwoordelike doodskoot; die ekonomiese slag wat hoeveel gesinne in talle gemeenskappe sonder ’n inkomste of kos gelaat het.

Noem maar ’n dorpie in dié provinsie, en stories van swaarkry sal daar wees: Willowmore, Steytlerville, Nieu-Bethesda, Fort Beaufort, Alice, Butterworth

Die leë maag van ’n gefolterde land. Die menslike nood wat hy ná die streng inperkingsfases in die Oos-Kaap sien, die ergste wat hy nog in die land beleef het, sê dr. Imtiaz Sooliman, die hoof van Gift of the Givers. En dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related