HOE JY KAN RANDJIE BYSIT
SELDE het Suid-Afrikaners mekaar so nodig gehad soos nou, want die inperking is ’n tweesnydende swaard: Dit slaag tans om die infeksie-en sterftekoers van COVID-19 te beperk, maar veroorsaak inkomsteverlies en verdiep die hongersnood onder armes.
Die virus het die gapende kloof tussen ryk en arm in hierdie land ontbloot soos nooit tevore nie.
Pres. Cyril Ramaphosa het kort voor saktyd ekonomiese en maatskaplike hulpverleningspakkette ter waarde van R500 miljard aangekondig. Maar die nood is so hoog dat die staat, tesame met groot filantrope soos die Oppenheimer-, Rupert-en Motsepe-familie, wat reeds groot skenkings gemaak het, dié stryd nie alleen kan aanpak nie.
“Is daar dalk iemand wat ons kan help met ’n bietjie kos?” skryf een desperate vrou van Pretoria op ’n voorstad se Facebookgroep. “Ons het twee dae laas ’n ordentlike bord kos gehad. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ons is honger.
Hierdie is my laaste en enigste uitweg.”
Inwoners van die omgewing het binne ’n paar uur genoeg kruideniersware geskenk om die vrou en haar gesin weke lank te voed.
En nou is daar byna net soveel stories van mense wat ingryp om ander te help as wat daar berigte is oor mense wat met die virus geïnfekteer word.
In die tyd van swaarkry staan Suid-Afrikaners saam om mekaar te help: privaat vlieëniers wat tonne kos met ’n “lugbrug” na afgeleë gebiede neem; voorstedelike kerke
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days