Weg!

BLYPLEK DIE NOORDE

BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 21.)

SPAAR IN DIE SOMER

Verskeie lodges en kampe in die noorde van Namibië bied groot afslag aan buite seisoen – gewoonlik in die warm, nat maande van Januarie tot Maart.

Weena van Tonder Outjo “Ons familie gaan kuier graag in die Kaokoveld, Damaraland of die Richtersveld. Die natuur is wat dit spesiaal maak.”

GEMEENSKAPSKAMPE

Die Kaokoveld en Damaraland het baie gemeenskapskampe. Jy kry hulle nie maklik op die foon in die hande nie, maar jy kan bloot opdaag, inry en aanmeld – iemand sal jou weldra help.

KAOKOVELD EN KUNENERIVIER

1 Epupa Falls Lodge

Dis 200 km noord van Opuwo op die oewer van die Kunenerivier. Die lodge het ’n houtdek waar jy met ’n koue Savanna kan sit. Kamp: R200 p.p. (6 mense per staanplek; hier is 7 staanplekke). Drie gesinseenhede en ’n wittebrood-suite: vanaf R650 p.p. met ontbyt. Vyf chalets op stelte met ’n mooi uitsig kos vanaf R750 p.p. wat deel, met ontbyt. Die lodge het ook ’n restaurant, kroeg en swembad. Groet die Himbas (R750 p.p.) of gaan op ’n foto-uitstappie (R300 p.p.).

GPS S17.00242 E13.24450 ✆00 264 81 250 8225; epupafallslodge.com

2 Omarunga Lodge

Die Gondwana-lodge is langs die Kunenerivier by die Epupawaterval. Kamp (slegs 10 staanplekke, geen krag): R165 p.p. En suite-safaritent: vanaf R1 840 p.p. wat deel met ontbyt. Reël ’n toer na ’n Himba-stam (R920 p.p.), krokodilstaptogte en sonsondergangritte (elk R340 p.p.) van hier af.

GPS S17.00235 E13.24616 ✆00 264 81 620 6887; omarungalodge.com

3 Epupa Camp

n Mooi kamp 1 km stroomop van die Epupawaterval af. Kamp (12 staanplekke met plek vir maks. 10 gaste, elk met eie ablusie): R200 p.p. 10 Kingfisher-selfsorgtente (elk met 2 enkelbeddens): vanaf R840 p.n. Safaritente: R2 035 p.p. wat deel met ontbyt en aandete. ’n Toer na ’n Himba-stam R685 p.p., sonsondergangrit R275 p.p., halfdagrivierroei R660 p.p. Etes.

GPS S16.99964 E13.25373 ✆00 264 61 237 294 (besprekings); reservations@epupa.com.na; epupa.com.na

4 Kapika Waterfall Camp

Twee kampplekke met eie ablusies: R275 p.p. slaapplek vir 4 mense. Lodge het 10 chalets: R3 800 p.n. vir 2 mense met aandete en ontbyt. Staptogte R245 p.p., sonsondergangrit (R270 p.p., rivierroei (R600 p.p. Mei en November) en toere na ’n Himbastam R715 p.p. Etes beskikbaar. SAOG-lede kry 25% afslag. Van Desember tot einde Februarie kry jy 35% afslag.

GPS S17.00278 E13.25266 ✆00 264 65 685 111; epupalodge.com

5 Kunene River Lodge

Dis 50 km wes van Ruacana. Die meeste van die 12 kampplekke is onder bome en het braaiplek, krag en gemeenskaplike ablusie. Hier is ook A-raamhuisies en lodgekamers. Die lodge het ’n restaurant en swembad. Kamp: R225 p.p. A-raamhutte: vanaf R1 342 p.p. wat deel, met ontbyt en aandete. Lodgekamers met lugversorging: R1579 p.p. wat deel met ontbyt en aandete. Afslag as jy 2 aande of langer bespreek. Jy kan by die lodge eet, met Himbas kuier (R435 p.p.), op kanovaarte (R286 p.p.) gaan en selfs ’n visstok huur (R145 p.d.) om te kyk of jy ’n tiervis kan inkatrol. Voëluitstappie: R484 p.p. Die Angolasysie kom nét hier in die substreek voor.

GPS S17.35439 E13.88129 ✆00 264 61 224 712 (besprekings); ✆00 264 65 685 016 (lodge); kuneneriverlodge.com

6 Mavinga Lodge & kampterrein

Dié blyplek lê 37 km oos van Swartbooisdrif op die D3700. Kamp kos R165 p.p. en R195 p.p. as jy ’n tent huur. Die kampstaanplekke is teenaan die water met gras, ’n afdak en braaiplek. Dubbelkamers: vanaf R950 p.p. Hier is ook ’n restaurant.

GPS S17.43327 E14.12456 ✆00 264 81 128 6890

7 Kunene Islands Camp

Die kamp is 40 km oos van Swartbooisdrif op die D3700. Die staanplekke (R100 p.p.) kyk uit oor die rivier. Waar die rivier se oewer laag is, is draad gespan, want krokodille is hier baas. Hier is ook 2 safaritente (teen R250 p.n. vir 2 mense, bring beddegoed) en R50 vir ’n ekstra matras indien nodig. Hier is sonkrag. Bring drinkwater.

GPS S17.42951 E14.15333 ✆00 264 81 129 3931 (Derek); unicorn@iway.na

8 Omunjandi Rest

Camp Dis 41 km oos van Swartbooisdrif op die D3700. Die 5 staanplekke is onder die skaduwee van jakkalsbessiebome. Die rivier is te vol krokodille om te swem, maar hier is ’n swembad as jy wil afkoel. Kamp kos R180 p.p. Hier is ’n selfsorgchalet met sonkrag: R1200 p.n. vir 4 mense.

GPS S17.42270 E14.15582 ✆00 264 81 358 5865 (Johanna); omunjandi-restcamp.com

9 Ruacana Eha Lodge

Op die dorp Ruacana. Kamp op grasstaanplekke met elektrisiteit. Kamp: R150 p.p. (maks. 4

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related