Weg!

NAMIBIË

KAVANGORIVIER

Die hoofdorpe hier (met brandstof, winkels en OTM’s) is Divundu en Rundu.

132 Taranga Safari Lodge

Langs die B10 sowat 35 km wes van Rundu. Die kampterrein is op gras en elke staanplek het ’n lig, kragpunt, kraan en braaiplek. Kamp is R250 p.p.p.n. Die tentchalets het slaapplek vir 2 mense en elk het ’n en suite-badkamer en ’n privaatdek.

Vanaf R4 250 p.n. vir 2 mense met aandete en ontbyt. Hier is ’n restaurant en ’n kroeg wat op die rivier dryf. Vra oor afslag vir SAOGburgers wanneer jy bespreek.

GPS S17.87119 E19.45368

00 264 81 169 2186 (besprekings)

taranganamibia.com

133 Kaisosi River Lodge

Sowat 7 km noordoos van Rundu. Hier is 16 staanplekke op gras en elkeen het sy eie badkamer, krag en braai. Kamp kos R165 p.p.p.n.; R95 per kind jonger as 12. Die lodgekamers het storte en lugversorging. Standaardkamer vir 2 mense vanaf R1 555 p.n. met ontbyt; gesinskamer (1 dubbelbed en 1 stapelbed) R2 100 met ontbyt.

GPS S17.87452 E19.83251

00 264 81 249 5090

kaisosiriverlodge.com

134 Shamvura Camp

Shamvura het ’n kothuis, 4 tenteenhede en 6 kampplekke. Al die eenhede en die kampplekke het krag. Kamp: vanaf R210 p.p. vir ’n gewone staanplek, R230 p.p. vir ’n privaatstaanplek of R260 p.p. vir ’n privaatstaanplek met ’n kombuisie.

Die selfsorgtente is R550 p.p. (2 eenhede het slaapplek vir 4; 2 het slaapplek vir 2). Die Tree Top Cottage is toegerus vir selfsorg (slaapplek vir 4): R650 p.p.

GPS S18.03507 E20.86079

00 264 81 241 7473

shamvura@iway.na

campinginnamibia.com/space/shamvura-camp

135 Camp Ndurokoro

Dis sowat 55 km wes van Divundu. Goeie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg8 min read
G’n Kortpad Deur Die Langeberg!
Die noodlot het ons van meet af aan getart. Ons eerste poging om die Swellendam-roete te stap het nie verder as die Marlothnatuurreservaat se kantoor gevorder nie. Toe ons die oggend vir die inligtingsessie aanmeld, het Adam Nel, die waarnemende veld

Related