Weg!

BLYPLEK MIDDEL

BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 21.)

Shaleen du Rand Hentiesbaai

“In Nambië gaan kuier ek graag op Rosh Pinah, want dit is darem ’n bietjie warmer daar in die suide as hier by ons!”

OASIS FOODSTALL, USAKOS

Die Oasis Foodstall ís ware ’n oasis op die dorp Usakos. Nico en Desiree van Zyl verkoop elke denkbare ding wat jy in ’n padstal verwag: tuisgemaakte pasteie, olywe, mosbolle, koekies, plaaslike wyne, heuning… maar hulle roem hulle op hulle vleisprodukte. Hulle maak alles self: hamburgerpatties, boerewors, sosaties, biltong…! Waar? Langs die Shell op die B2 wes van Usakos. Oop Elke dag van 7 vm.-7 nm. ✆00 264 81 258 8351

SKEDELKUS EN HENTIESBAAI

1 St Nowhere Spa and Campsite

Dis 110 km noord van Hentiesbaai en 7 km noord van Myl 108 en gewild onder vissermanne. Foto en inligting op bl. 70.

2 Myl 108-kampterrein (NWR)

Dis 90 km noord van Henties – gewild in Desember-Januarie. Inligting op bl. 70.

3 Kaap Kruisreservaat

Die kampterrein is sowat 1 km noord van die robkolonie af. Toegang vir dagbesoekers: R80 p.p. en R10 per kar. Bring drinken waswater. Koste: R100 p.p.

GPS S21.76256 E13.96351 ✆00 264 64 694 037

4 Cape Cross Lodge

Dis 60 km noord van Henties, net buite die Kaap Kruis-reservaat. Inligting op bl. 70.

5 Myl 72-kampterrein (NWR)

Dis 36 km noord van Henties. Kamp kos R240 per staanplek vir 4 mense, R75 per ekstra persoon (slaapplek vir 8). Hier’s nie elektrisiteit nie. Lopende water: R1 per liter en R10 per stortbeurt. Basiese Fisherman-chalet: R500 p.p. (slaapplek vir 2).

GPS S21.87877 E14.07120 ✆00 264 61 285 7200; 021 422 3761; ct.bookings@ nwr.com.na; nwr.com.na

6 De Duine-hotel

Teen die see in Duinestraat. ’n Dubbelkamer kos R1290 p.n. en R200 per kind (1-7 jaar) wat op ’n matrassie slaap. Gesinskamers (slaapplek vir 3) vanaf R1445 p.n. Gesinskamers (slaapplek vir tot 5) R1 610 p.n. (pryse sluit ontbyt in). Hier is braaiplekke, kroeg, swembad en muurbalbaan.

✆00 264 64 500 001; reservation@deduinehotel.com

7 Ietsiemeer Beach House

Dié luukse selfsorggastehuis aan die einde van Erosstraat op Hentiesbaai het ’n uitsig oor die see. Jy huur die huis eksklusief. Huur 3 en suitedubbelkamers vir R5200 p.n. (dus 6 mense wat deel). Bykomende kamers is beskikbaar vanaf R1 100 p.n., of jy kan die kompleks – 10 dubbelkamers; dus vir 20 mense – teen R12 700 p.n. huur. Dié pryse is vir meer as een nag; as jy net een nag bly, betaal jy 25% meer.

✆00 264 81 124 4847 (Marianne); ietsiemeer.com; mariannel@scsi.com.na

8 Buck’s-woonwapark in Hentiesbaai

Nie teen die see nie, maar beskut teen die wind danksy die muur wat reg rondom gebou is. Die beste plek om te kamp, veral as jy buite seisoen hier opdaag. Hier is 45 staanplekke – elk met elektrisiteit en sy eie ablusie. R300 p.n. (R350 Des.-Jan.) vir tot 4 mense, daarna R50 p.p. ekstra (maks. 6 mense).

GPS S22.11388 E14.28091 ✆00 264 64 501 039 (Fransie); ✆00 264 81 270 2959; buckcamp@mweb.com.na

9 Namib Shore-huise

Ontvangs is by Dolfynstraat 303. Hulle bestuur 12 huise op die dorp. Selfsorg kos vanaf R180-R300 p.p. wat deel in ’n drieslaapkamerhuis. Ook groter huise.

✆00 264 64 500 182; ✆00 264 81 127 5663; ✆00 264 81 221 5886; namshore@iway.na

10 Jakkalsputz (NWR)

Dis 9 km suid van Hentiesbaai. Kamp kos R240 per staanplek vir 4 mense, R75 per ekstra persoon (slaapplek vir 8). Hier’s nie elektrisiteit nie en jy betaal vir lopende water: R1 per liter en R10 per stortbeurt.

GPS S22.19029 E14.31039 ✆00 264 61 285 7200; 021 422 3761; ct.bookings@nwr.com.na; nwr.com.na

SPITZKOPPE

11 Spitzkoppe-gemeenskapskamp

Die 31 staanplekke lê ver uit mekaar. Hier’s ’n kuierlapa, kroeg en restaurant wat ontbyt, middag-en aandete bedien. Braaipakke. Kamp: R190 p.p. Dagbesoek: R80 p.p. en R80 per voertuig. ’n Begeleide uitstappie na Bushman’s Paradise se rotskunspanele is ingesluit en duur sowat twee uur.

GPS S21.83977 E15.20162 ✆00 264 64 464 144; reservations@logufa.com; spitzkoppe.com

12 Spitzkoppe Tented Camp

Hier is 6 privaatkampplekke (R150 p.p.) met ’n badkamer, braaiplek en krag en 19 en suite-safaritente (R710 p.p.). Donkies sorg vir warm water. Hier’s ’n gesellige Bush Bar. Bestel ’n Pontok Breakfast teen R150 p.p. (eiers, spek, worsie, roosterbrood). Aandete vanaf R200 p.p.

✆00 264 81 805 3178; spitzkoppemountaincamp.com

USAKOS

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related