Weg!

BLYPLEK SUIDE

BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 21.)

“Ek is hier gebore, ’n regte Buchter! Dis vir my baie lekker om in die vakansietyd op die familieplaas buite Keetmanshoop te kuier. Die hele familie kom daar bymekaar, van Walvisbaai, Swakopmund en Oranjemund.” (Lüderitz se naam was eers Lüderitzbucht. – Red.)

HELMERINGHAUSEN EN TIRASBERG

1 Namtib-biosfeerreservaat

Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié reservaat in die Tirasberg te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3 km van die lodge en ontvangs. Jy kamp in die middel van ’n amfiteater met manjifieke berge. Kamp: R170 p.p. (geen krag, braaiplekke, warm storte). Lodgekamers vanaf R1 329 p.p. wat deel, met ontbyt en aandete. Middagete ook beskikbaar. Bespreek vooraf.

GPS S26.03714 E16.26170 ✆00 264 63 683 055; namtib.net

2 Ranch Koiimasis

Op dié plaas van 18 000 ha kan jy stap, perdry en sterrekyk. Slegs toeganklik van die D707 af, teen die berg. Kamp (5 staanplekke met eie braaiplek en gemeenskaplike badkamer): R250 p.p. Die Virosa-chalet (geen kombuis) met slaapplek vir 2 deel ook die kampplek se ablusies: R700 p.n. min. 2 nagte. Die private Schwalbennest-selfsorgchalet met slaapplek vir 2: R1500 p.n. min. 2 aande. Die kamers in die luukse Fest Inn Fels Farm-lodge kos R1 950 p.p. wat deel, met ontbyt.

GPS S25.91252 E16.26763

✆00 264 63 683 052 (Anke);

namibia-farm-lodge.com

3 Kanaan N/a’an ku sê Desert Retreat

Kamp kos R205 p.p. – hier is 8 staanplekke met eie ablusies. Luukse en suitetentekamp vanaf R3 675 p.p. wat deel, met aandete en ontbyt.

GPS S25.817403 E016.087784 (hoofhek)

✆00 264 84 000 9190;

www.naankusecollection.com

4 Aubures Camp

Die afdraai is 55 km van Helmeringhausen af langs die C27. Hier is begeleide rotskunsuitstappies, en bergfiets-en staproetes van die kampterrein af. Hier is 6 kampplekke onder kameeldorings (geen krag, maar warm water vir stort). R300 p.n. vir 2 mense.

GPS S25.72331 E16.44187 ✆00 264 84 000 6014 ✆00 264 81 424 9888 (slegs WhatsApp); amiller@iway.na

5 Lovedale

Dis ’n swakaraskaapplaas sowat 19 km van Helmeringhausen af langs die C27. Kamp:

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg11 min read
’n Gids Tot Die Hibiskuskus
Dis Februarie aan die KwaZulu-Natalse Suidkus en ek kom kyk wat gebeur alles tussen Port Shepstone en Port Edward. Hier is min verkeer, min mense langs die see en ek sukkel glad nie om parkeerplek te kry nie. Ek’s dankbaar (dis immers die stil seisoe
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related