Weg!

SUIDE BLYPLEKKE

BEKOSTIGBAAR (Sien bladsy 12.)

HELMERINGHAUSEN EN TIRASBERG

1 Namtib-biosfeerreservaat

Die D707 is bekend as die grondpad met die mooiste uitsigte in Namibië. Dis dus reeds iets besonders net om tot by die ingang van dié reservaat te ry. Die Little Hunter’s Rest-kampterrein is 3km van die lodge af. Jy kyk uit oor die Tirasberg en rooiduine van die Namibwoestyn na die weste. Kamp: R250p.p. (geen krag, braaiplekke, warm storte, ’n gemeenskaplike windskuiling vir woeste aande). Lodgekamers vanaf R1400p.p. met ontbyt. Jy kan op gemerkte roetes in die veld stap of ’n piek uitklim (gratis).

🕽 00 264 63 683 055

🖰 namtib.net

2 Ranch Koiimasis

Op dié plaas kan jy stap en perdry. Slegs toeganklik van die D707 af. Kamp (5 private staanplekke met eie braaiplek en skoon drinkwater; gemeenskaplike badkamer): R250p.p. Die Virosa-chalet (braaiplek, geen kombuis) met slaapplek vir 2 deel ook die kampplek se ablusies: R700p.n. minimum 2 nagte. Die private Schwalbennest-selfsorgchalet met slaapplek vir 2: R1500p.n. minimum 2 nagte. Die kamers in die luukse Fest Inn Fels Farm Lodge kos R2145p.p., met ontbyt.

🕽 00 264 63 683 052

🖰 namibia-farm-lodge.com

3 Kanaan N/a’an ku sê Desert Retreat

Die landskap gaan jou na jou kamera laat gryp. Hier is 8 staanplekke met eie ablusies. Kamp kos vanaf R225p.p. Luukse en suite-tentekamp vanaf R3950p.p. wat deel, met aandete en ontbyt (prys net vir SAOG-burgers).

🕽 00 264 61 228 869

🖰 naankusecollection.com

4 Aubures Camp

Die afdraai is 55km noordwes van Helmeringhausen af langs die C27. Begeleide rotskunsuitstappies, en bergfiets-en staproetes van die kampterrein af. Hier is 6 kampplekke onder kameeldorings (geen krag, maar warm water vir stort). R330p.n. vir 2 mense.

🕽 00 264 84 000 6014

🕽 00 264 81 424 9888 (slegs WhatsApp)

🖰 amiller@iway.na

5 Landsberg Campsites

Vier groot kampplekke (slaapplek vir 10 elk) met eie ablusies, afdak, stoep en braaiplek, vanaf R245p.p. vir SAOG-burgers. Elke kampplek het ’n uitsig oor ’n wye vlakte en die voetheuwels van die Tirasberg. Kampplek #3 kyk uit oor ’n watergat. Die kampplekke lê wyd uitmekaar en tussen die rotsstapels van ’n klipkoppie; dus sal jy nie jou buurman in sy kamerjas gewaar nie.

🕽 00 264 83 783 7037

🕽 00 264 81 235 1815 (WhatsApp)

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe
Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om

Related