Weg!

BLYPLEK NOORDE

BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 12)

BESPAAR IN DIE SOMER

Verskeie lodges en kampe in die noorde bied groot afslag aan in die hoogsomer (Januarie tot Maart, soms April). Dis dan vrekwarm en kan reën, maar jou beursie gaan baie daarvan hou as jy in dié maande toer.

GEMEENSKAPS-KAMPE

Die Kaokoveld en Damaraland het baie gemeenskapskampe. Jy kry hulle nie maklik op die foon in die hande nie, maar jy kan bloot opdaag, inry en aanmeld – iemand sal jou weldra help.

KAOKOVELD EN KUNENERIVIER

1 Epupa Falls Lodge

Dis 200km noord van Opuwo op die oewer van die Kunenerivier. Die lodge het ’n restaurant, kroeg, houtdek en swembad. Kamp (5 staanplekke): vanaf R200p.p. (maks. 4 voertuie of 2 voertuie en 2 sleepwaens), plus R100 per sleepwa of woonwa. Drie gesinseenhede, vyf chalets op stelte met ’n mooi uitsig oor die rivier en waterval en ’n wittebroodsuite. Alle opsies vanaf R1100 p.p. wat deel met ontbyt en aandete. Groet die Himbas op ’n eksursie (R750p.p.).

🖰 reservations@epupafallslodge.com

🖰 epupafallslodge.com

2 Omarunga Epupa Falls Camp Lodge

Dié Gondwana-lodge is langs die Kunenerivier by die Epupawaterval. Dit het ’n restaurant, kroeg, lapa en swembad. Kamp (slegs 10 staanplekke, geen krag): vanaf R243p.p. En suite-safaritent: vanaf R2106p.p. wat deel met ontbyt. Reël ’n toer na ’n Himba-dorpie (R866p.p.), sonsonderganguitstappie (R374 p.p.) of begeleide stap langs die rivier (puik vir voëlkykers, R352 p.p.).

🕽 00 264 61 427 200

🖰 gondwana-collection.com

3 Epupa Falls Viewpoint Campsite

Hierdie basiese gemeenskapskamp is op dieselfde koppie as die Sundowner Hill-uitkykpunt en het dus ’n puik uitsig oor die waterval. Ablusiegeriewe, afdakke, hout en ’n kroeg is beskikbaar. Hulle het onlangs twee toilette en twee storte bygevoeg. Hier is krag om jou kamera en foon te herlaai. Kamp: R140p.p.

🕽 00 264 81 727 1394 (Samuel)

🖰 samuel.ndiaombe@gmail.com

🖰 Epupa Falls View Point Campsite op Facebook

4 Epupa Camp

’n Mooi kamp 1km stroomop van die Epupawaterval af. Kamp (6 staanplekke met eie ablusie, beperkte elektrisiteit en plek vir maksimum 11 gaste elk): R215p.p. 10 Kingfisher-selfsorgtente (elk met 2 enkelbeddens; gemeenskaplike geriewe): vanaf R950p.n. Tien safaritente: R2195p.p. wat deel met ontbyt en aandete. ’n Besoek aan ’n Himba-dorpie R800p.p., sonsondergangrit R395p.p., halfdagrivierroei R800 p.p. Etes beskikbaar.

🕽 00 264 61 237 294 (besprekings)

🖰 reservations@epupa.com.na

🖰 epupa.com.na

5 Kapika Waterfall Camp

Kapika se 10 chalets het mooi uitsigte oor die rivier en waterval. Twee kampplekke met eie ablusie: R325 p.p. (4 mense per staanplek). Chalets: R2 240 p.p. wat deel met aandete en ontbyt. Staptogte in die veld R265p.p., sonsondergangrit R320p.p., rivierroei (vind pryse uit by die lodge) en ’n toer na ’n Himba-dorpie R860p.p. Swembad, restaurant en kroeg. Vra oor spesiale aanbiedinge – Namibiërs en SAOG-lede kry 20% afslag.

🕽 00 264 81 480 4400

🖰 kapika.epupa@gmail.com

🖰 eden@africaonline.com.na

🖰 epupalodge.com

NUUT

6 Camp Cornie

Hierdie netjiese kampplek onder makalanipalmbome is sowat 30km oos van Epupa-valle af. Drie staanplekke (met kragpunt en eie badkamer): R200 p.p. Twee koepeltente met gedeelde ablusies: R450 p.p. Luukse en suite-safaritent: R650 p.p. Troeteldiere welkom. Swembad en kroeg. Roei op die Kunenerivier, besoek ’n Himbanedersetting of soek voëls, hengel.

🕽 00 264 81 624 7585

🕽 00 264 83 7000 204

🖰 campcornie.com

7 Kunene River Lodge

Dis 70km wes van Ruacana. Die meeste van die 12 kampplekke is onder bome met ’n uitsig oor die rivier. Hier is braaiplek, krag en gemeenskaplike ablusie. Kamp: Vanaf R295p.p. (geldig tot Desember 2023). Die lodge het ’n restaurant en swembad – teen druktyd was die lodgekamers gesluit. Bootritte op die rivier is slegs moontlik wanneer die watervlak hoog genoeg is – bespreek en betaal direk by die lodge. Huur ’n visstok (R175p.d.) om te kyk of jy ’n tiervis kan inkatrol. Meer as 300 voëlspesies is hier aangeteken en die angolasysie kom nét hier in die substreek voor. Jy kan ook die Dorslandmonument by Swartbooisdrif of die Ruacanawaterval besoek.

🕽 00 264 65 685 016 (lodge)

🖰 kuneneriverlodge.com

8 Mavinga Lodge-enkampterrein

Dié blyplek lê 37 km oos van Swartbooisdrif op die D3700. Die staanplekke is teenaan die water met gras, ’n afdak en braaiplek. Kamp kos R175p.p. met eie tent of huur ’n tent teen R225p.p. Dubbelkamers: R800 p.n. en R1000 met ontbyt. Hier is ook ’n restaurant.

🕽 00 264 81 404 1954 (Elizabeth Paulus)

🕽 00 264 81 844 2138 (Joyce Paulus)

🖰 mavingalodge@gmail.com

9 Kunene Islands Camp

Dié kamp is 40 km oos van Swartbooisdrif op die D3700. Die staanplekke (R180p.p.) kyk uit oor die rivier. Waar die rivier se oewer laag is, is draad gespan, want krokodille is hier baas. Hier is ook 2 safaritente teen R250p.p. vir 2 mense (bring beddegoed) en R70 vir ’n ekstra matras indien nodig. Hier is sonkrag (nie vir elektriese toebehore nie) en hout te koop. Bring drinkwater. Die swembad is onlangs opgeknap.

🕽 00 264 81 149 4313

10 Omunjandi Restcamp

Dis 41km oos van Swartbooisdrif op die D3700. Die 5 staanplekke is onder jakkalsbessiebome.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related