Weg!

NAMIBIË, ZAMBIË & ZIMBABWË

NAMIBIË

KAVANGORIVIER

Die hoofdorpe hier (met brandstof, winkels en OTM’s) is Divundu en Rundu.

139 Taranga Safari Lodge

Langs die B10 sowat 35 km wes van Rundu. Die kampterrein is op gras en elke staanplek het ’n lig, kragpunt, kraan en braaiplek. Kamp is R300 p.p. En suite-tentchalets met ’n private dek. Vanaf R2 230 p.p. wat deel, met aandete en ontbyt. Hier is ’n restaurant en ’n kroeg wat op die rivier dryf. Vra oor afslag vir SAOG-burgers wanneer jy bespreek.

00 264 81 718 1966
taranganamibia.com

140 Hakusembe River Lodge

Langs die rivier, 16 km wes van Rundu. Hier is kampplek met eie ablusiegeriewe teen R295 p.p. en chalets – pryse begin by R2 735 p.p. wat deel, met ontbyt. Jy kan tiervis vang (R250 p.p. per uur) of op ’n bootrit gaan teen sonsak (R400 p.p.) Afslag met ’n Gondwana-kaart.

00 264 61 427 200
gondwana-collection.com

141 Kaisosi River Lodge

Op die oewer van die Kavangorivier, sowat 7 km noordoos van Rundu. Die 16 staanplekke (met krag) het elkeen sy eie badkamer en braaiplek: R160 p.p. Verblyf vanaf R1 635 p.n. vir ’n dubbelkamer tot R2 205 p.n. vir ’n gesinskamer (plek vir 4), met ontbyt. Bootvaart R140 p.p.

00 264 81 249 5090
kaisosiriverlodge.com

142 Shankara-ruskamp

Op die oewer van die Kavangorivier, sowat 80 km oos van Rundu op die B8 na Katima Mulilo. Kampplek (met krag) onder groot skadubome R120 p.p. Selfsorgchalets (slaapplek vir 2 tot 6 mense): vanaf R300 p.p. (gratis vir kinders jonger as 15).

Hier is ’n swembad en ’n dek wat oor die rivier uitkyk. Shankara is bekend vir visvang (tiervis, kurper en barber). Hengeluitstappies (maks. 4 mense), sonsondergang-, voël- en wildkykuitstappies (maksimum 10 mense) – R550 per uur.

00 264 81 240 2933
shankararestcamp81@gmail.com
shankararestcamp.com

143 Shamvura Camp

Sowat 82 km wes van Divundu.

Shamvura het 1 kothuis, 4 tenteenhede en 6 kampplekke. Al die eenhede en die kampplekke het krag. Kamp: vanaf R210 p.p. vir ’n gewone staanplek, R230 p.p. vir ’n private staanplek of R260 p.p. vir ’n private staanplek met ’n kombuisie. Die selfsorgtente kos R520 p.p. (2 eenhede het slaapplek vir 2; 2 het slaapplek vir 4). Die TreeTop Cottage is toegerus vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv