Weg!

BLYPLEK MIDDEL

BEKOSTIGBAAR (Sien bl. 12)

SKEDELKUS EN HENTIESBAAI

1 St Nowhere Spa and Campsite

Hierdie gewilde oord en visvangkol is sowat 110km noord van Henties. Kamp vanaf R525p.n. vir 5 mense en R105 per ekstra persoon. As jy voor teen die see met jou eie ablusie wil kamp, kos dit vanaf R600p.n. vir 5 mense. Selfsorgbungalows kos vanaf R1490p.n. vir 4 mense, R248 per ekstra persoon (slaapplek vir 5 tot 9 mense). ’n Groot groep, tot 13 mense, kan die groot huis bespreek vir vanaf R2980p.n. (vir 8 mense, R248 per ekstra persoon). Pryse sluit nie die 2%-toerismeheffing of beddegoed (R40p.p.) in nie. Hier is ’n kiosk wat basiese voorraad verkoop en in die somervakansie is ’n restaurant oop.

🕽 00 264 81 124 0879

🕽 00 264 81 252 9422

🖰 bookings@stnowhere.com

2 Myl 108-kampterrein (NWR)

Dis 90 km noord van Henties. Kampplek met ’n puttoilet en geen krag: R150p.p. (maks. 8 mense). Jy betaal R1,25 per liter water, R10 per stortbeurt. Basiese kampplek met eie ablusie, maar geen braaiplek naby nie: R250p.p. (maks. 8 mense). Kampplek met private ablusie (donkie vir warm water), braaiplek, stoep, wasbak en sonkragligte: R600p.n. (maks. 4 mense). Basiese Fisherman-chalet: R400p.n. (slaapplek vir 2). Dis heeljaar oop en raak stampvol in Desember en Januarie. ’n Kiosk verkoop ys, bier, aas en hout.

🖰 ct.bookings@nwr.com.na

🖰 nwr.com.na

3 Kaap Kruis-reservaat

Dié kampterrein is sowat 1km noord van die robkolonie af. Hier is vyf platforms met skuiling teen die wind. Bring drink-en waswater. Geen krag. Kamp R100p.p. Toegang vir SAOG-dagbesoekers: R100p.p. en R50 per kar.

🕽 00 264 81 256 4400

4 Cape Cross Lodge

Dis 60km noord van Henties, net buite die Kaap Kruis-reservaat. Hierdie kampterrein het 21 beskutte staanplekke (R190p.p.) met kragpunte, ’n opwasplek en ’n braaidrom – maksimum 6 mense per staanplek. Whalers-selfsorgkothuis (slaapplek vir 4): vanaf R750p.n. Dubbelkamer in die lodge: vanaf R1440p.p. wat deel met aandete en ontbyt. Restaurant, kroeg, geskenkwinkel en ’n klein museum.

🕽 00 264 64 694 012/7

🕽 00 264 81 268 7767

🖰 capecross.org

5 Myl 72-kampterrein (NWR)

Dis 36km noord van Henties. Kamp kos R150p.p. (slaapplek vir 8). Hier’s nie krag nie en net ’n put toilet. Lopende water: R1,25 per liter en R10 per stortbeurt. Basiese Fisherman-chalet: R400p.n (slaap plek vir 2). Net oop in Desember en Januarie.

🖰 ct.bookings@nwr.com.na

🖰 nwr.com.na

6 De Duine-hotel

Teen die see in Duinestraat. Enkelkamer R458p.n. ’n Dubbelkamer kos R610 p.n. en R150 per kind (6-12 jaar) wat op ’n matrassie slaap. Hier is braaiplekke en konferensiegeriewe, ’n restaurant en kroeg, asook ’n swembad, en muurbalbaan.

🕽 00 264 64 500 001

🖰 deduinehotel.com

🖰 reservations@deduine.com

7 Ietsiemeer Beach House

Dié luukse selfsorggastehuis het ’n uitsig oor die see. Jy huur die huis eksklusief en hier is slaapplek vir 24 mense in 12 kamers. Huur 3 en suitedubbelkamers vir R5980p.n. (dus 6 mense wat deel). Ekstra kamers is beskikbaar vanaf R1035p.n. Dié pryse is vir meer as een nag; as jy net een nag bly, betaal jy 25% meer. Vra vir die 10% afslag vir SAOG-burgers.

🕽 00 264 81 124 4847

🖰 mariannel@scsi.com.na

🖰 ietsiemeer.com

8 Buck’s-woonwapark

Nie teen die see nie, maar beskut teen die wind danksy die muur wat rondom gebou is. Die beste plek om te kamp; veral as jy buite seisoen hier opdaag. Hier is 45 staanplekke – elk met krag en sy eie ablusie. R350p.n. (R400 Desember/Januarie) vir tot 4 mense, daarna R50p.p. ekstra (maksimum 6 mense).

GPS S22.111858 E14.281178

🕽 00 264 64 501 039

🕽 00 264 81 270 2959

🖰 buckcamp@mweb.com.na

🖰 buckcamp@afol.com.na

9 Namib Shore-huise

Ontvangs is by Kabeljoustraat 159. Selfsorg kos vanaf R180-R300p.p. wat deel in ’n drieslaapkamerhuis. Ook groter huise.

🕽 00 264 64 500 182

🕽 00 264 81 127 5663

🕽 00 264 81 221 5886

🖰 namibshore.com

10 Jakkalsputz (NWR)

Dis 9 km suid van Hentiesbaai. Kamp kos R150p.p. (slaapplek vir 8). Hier’s net ’n puttoilet en jy betaal vir lopende water: R1,25 per liter. Geen krag. Net oop in Des. en Jan.

🖰 ct.bookings@nwr.com.na

🖰 nwr.com.na

SPITZKOPPE

11 Spitzkoppegemeenskapskamp

Die stuk of 30 staanplekke lê ver uitmekaar tussen die groot rotsknoetse. Elke staanplek het ’n puttoilet en hier is gemeenskaplike warmwaterstorte en spoeltoilette by die ontvangskantoor. Hier’s ook ’n kroeg en restaurant. Braaipakke. Kamp: R210 p.p. Dagbesoek: R120 p.p. ’n Begeleide uitstappie na Bushman’s Paradise se rotskunspanele hoog bo-op ’n kop is ingesluit en duur sowat twee ure.

🕽 00 264 64 464 144

🖰 reservations@logufa.com

🖰 spitzkoppe.com

12 Spitzkoppe Tented Camp

Hierdie kamp is net ’n kilometer van Spitzkoppe af. Dit het 6 private kampplekke (R200 p.p.) met ’n badkamer, braaiplek en krag en 19 en suite-safaritente (R970 p.p.). Jy kan ook in een van die 10 nuwe permanente “boswaens” slaap. Hierdie boswaens het en suite-badkamers en sonkrag (R1 560 p.p.). Donkies sorg vir warm water. Koel af in die swembad. Die kroeg het Wi-Fi en jy kan etes bestel.

🕽 00 264 81 805 3178

🖰 spitzkoppemountaincamp.com

USAKOS

13 Achab

Dié kampplek is sowat 9,5km wes van Usakos. Vyf private staanplekke (plek vir 2 tot 3 tente) R180p.p. Elke staanplek het ’n braaiplek, spoeltoilet en ’n donkiestort. Geen krag. Hier’s allerlei tente beskikbaar, van net koepeltente met slaapplek en beddegoed vir 2 (vanaf R750p.n.) tot ’n selfsorgtent met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
’n Tierboskat En ’n Vlagswaaier
Ek toet twee kort stampies totsiens vir my vriende wat agter die swart toeskuifdeur verdwyn wanneer ek my Subaru se neus padaf draai. Dis nog donker in die strate, maar ek het darem al ’n koppie koffie in die lyf. Ek ry uit Auckland Park en volg my f
Weg1 min read
Blokraai
OPLOSSINGS BL . 104 Loer in by jou naaste winkel of bestel een by media24shop.com teen R85. FOTO’S RONEL STEYN; VILLIERS STEYN; MARCHELLE VAN ZYL ■
Weg2 min read
LUIPERDLESSE Die strikgevaar
Luiperds word as kwesbaar gelys op die internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooidatalys van bedreigde spesies, en die bevolkingskurwe neig steeds afwaarts. Wêreldwyd is luiperds reeds ’n yslike 75% van hulle oorspronklike verspreidi

Related