‘Ons wíl saam wees. Altyd’
Dit het als met ’n lang soen begin op die laaste aand van die vorige eeu.
En daardie soen het wrintiewaar nog nooit opgehou nie. “Sien,” sê Nico Panagio. “Soen,” sê Christi Panagio. “Sien.” “Soen.” “Sien.” “Soen.”
Nico vertel: “Ek en my pelle het die tradisie gehad om elke Oujaarsdag op Robbergstrand by Plettenbergbaai met ’n rubberboot op die see uit te gaan. Op Oujaarsaand, wanneer die klok twaalf slaan, sou ons elkeen dan ’n mooi meisie soek en haar soen. Maar 31 Desember 1999 was anders. Ek onthou ek het op ’n sandduin gaan sit en vir my toekomstige vrou gebid. Toe die oomblik aanbreek dat ons die sekondes na die nuwe millennium aftel, was Christi langs my en dit was die soetste van soene. Ek kan eerlikwaar sê dit hou steeds aan.”
Die tweetjies het mekaar teen daardie tyd reeds geken omdat hulle saam drama in Pretoria gestudeer het. (“Ons ouerhuise was om die draai van mekaar en ek het waarskynlik – en onbewustelik! - jare lank verby die Panagiotopoulos-huis gestap Brooklyn-sentrum toe,” sê Christi.) Ná Die Soen het albei hul buiging in 7de Laan gemaak en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days