Toe ek en my oud-kollega Lizelle Tenten vir koffte ontmoet, het ek pas my huis verkoop. Dit was die huis waarin ek nog die langste gewoon het en voor my lê elf jaar se goeters wat opgepak moet word. ‘n Gesprek met haar was net wat ek nodig gehad het.
Oorkant die tafel sit en sprankel Lizelle soos ek haar van nog altyd af onthou. Sy lyk dieselfde en lag dieselfde. Die lewe behandel haar beslis goed. Of sal ek liewer sê haar keuses vir haar lewe doen haar goed. Veral haar gróót keuse – om besittings te laat vaar en te fokus op herinneringe.
Haar en haar man, Werner, se paadjie het dieselfde as baie ander paartjies s'n geloop. Verhouding, reis, avontuur, trou, reis, baba, tuisbly … en toe die besef dat sy nie meer veel het om met hom te deel wanneer hy saans van die werk af kom nie. Haar wonderlike reisgenoot leef nou in ‘n ander wêreld as sy en as hulle nie plan maak nie, gaan hul paadjies net verder uitmekaarloop.
En toe máák hulle ‘n plan. Terug na die tekenbord, het hulle besef. Hul verhouding was gebaseer op hul gedeelde liefde vir reis en avontuur, vir nuwe goed saam ervaar, en as hulle bymekaar wou bly, sou hulle dié dinge in hul lewe moes