Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Daleen Mopani Lodge
Daleen Mopani Lodge
Daleen Mopani Lodge
Ebook87 pages1 hour

Daleen Mopani Lodge

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Daleen van Mopani Lodge is die verhaal van twee dogters, Daleen en Maryna Weideman, wat hul ouers in ‘n vliegongeluk verloor en die plaas, gastehuis en alles erf. Saam worstel hulle deur hul smart en om hul ouers se erflating ‘n sukses te maak. Wie gaan uiteindelik ou Sanna en Thomas, se Nonna Leentjie se hart verower op Mopani? André die veearts wat ‘n jarelange vriend is?, Ben, André se vriend van die buurplaas Knoppiesdoring, Len die nuwe bestuurder op Mopani, of is daar dalk ‘n buiteperd in die wedren om geluk? En hoe gaan die lewe se kronkelpaaie uiteindelik hulle almal se heil uitwerk?

Ronel Reyeneke (1945 – 2002)
Hierdie boek is in liefdevolle herinnering aan ons moeder opgedra. Sy wat alles vir ons opgeoffer het om ‘n moeder te wees en nooit haar eie droom kon bewaarheid nie. Mamma, ons dogters het vandag jou droom en wens verwesenlik met trots.
Liefde en verlange,
Jou dogters en kleinkinders

LanguageEnglish
PublisherRonel Reyneke
Release dateMay 18, 2017
ISBN9780620757041
Daleen Mopani Lodge

Related to Daleen Mopani Lodge

Related ebooks

Biography & Memoir For You

View More

Related articles

Reviews for Daleen Mopani Lodge

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Daleen Mopani Lodge - Ronel Reyneke

    DALEEN VAN

    MOPANI LODGE

    DALEEN VAN

    MOPANI LODGE

    Deur Ronel Reyneke

    Kopiereg © 2017 Ronel Reyneke

    Published by Ronel Reyneke Publishing at Smashwords

    Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer word of op enige manier, meganies of elektronies weergegee word nie, behalwe vir redelike aanhalings vir navorsing - en resensiedoeleindes.

    Gepubliseer deur die Skrywer met die hulp van Reach Publishers

    P O Box 1384, Wandsbeck, South Africa, 3631

    Gedruk deur Novus Print Solutions

    Geredigeer deur Lyzelle Steyn vir Reach Publishers

    Voorblad deur Reach Publishers

    www.reachpublishers.co.za

    reach@webstorm.co.za

    In tere herinnering aan ons moeder wat altyd haar gesin deur alles eerste gestel het en nooit haar eie drome kon uitleef nie. Ma is vroeg weggevat van ons af, maar ons leef nou Ma se droom vir Ma uit. Liefde en verlange

    Jou vier dogters

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Hoofstuk 1

    Daleen Weideman sit ingedagte en ontspanne in die motor langs haar vriend André Malherbe. Hulle is op pad na haar ouers se plaas, Mopani Lodge. André, wat ‘n veearts is in Nelspruit het vir twee weke sy dienste aangebied op Mopani tydens haar ouers, Paul en Magda Weideman, se welverdiende ruskansie langs die Noordkus van Mosambiek. Rustig en met toe oë, is Daleen se gedagtes by haar ouers wat haar vanmôre voor skool kom groet het op pad na die lughawe op Nelspruit, vanwaar haar vader hul viersitplek Cessna self sal loods. Daleen is die afgelope vier jaar ‘n inwonende onderwyseres in Huishoudkunde en Liggaamsopvoedkunde by Hoërskool Nelspruit.

    Daleen gaan net vir naweke en vakansies plaas toe en noudat die skole vir die wintervakansie gesluit het, sien sy geweldig uit na die ruskans by haar geliefde ouerhuis en na die plaaslewe wat altyd haar hart vernuwe. Sy voel moeg na die afgelope twee dae waartydens die onderwysers nog besig was om voorbereidings te tref vir die derde kwartaal.

    André kom kuier gewoonlik naweke of wanneer sy veeartsenykundige dienste benodig word op Mopani Lodge of die omliggende plase. Omdat Mopani aan die Kruger Wildtuin grens, kom daar dikwels beseerde diere deur die wildomheinings, en in hul eie wildkampe is daar altyd genoeg werk vir hom om te doen. André beskou hierdie twee weke as ‘n toets vir sy nuwe vennoot om te sien of hy die praktyk alleen sal kan behartig en ook sommer as ‘n ruskansie vir homself, weg van al die daaglikse bedrywighede af. Maar die belangrikste vir hom is die geleentheid om Daleen se geselskap vir twee weke te geniet. Die afgelope tyd het hul so min van mekaar gehad. Sy hou hom altyd op ‘n afstand, maar as hy sy sin kon kry, sou hy graag sy ring aan haar vinger wou sit. Hy neem ‘n oomblik sy oë van die pad af en kyk bewonderend na haar hier langs hom in die voertuig. Sy lyk so pragtig met haar gladde rooibruin hare en al is die groen oë toe, weet hy presies hoe hulle lyk. Sy is lank, slank en baie fiks. Sy is baie gewild onder haar vriendekring, en die personeel, leerlinge en ouers van die skool. Haar toegewydheid aan haar loopbaan het haar tot dusver weerhou daarvan om te dink aan ‘n getroude lewe en ‘n gesin. Sy is al vyf en twintig jaar oud, maar volgens haar het die regte man nog nie sy opwagting gemaak nie.

    Gewoonlik gaan hulle eers by die Koöperasie aan vir voorraad voor hulle plaas toe ry. Daleen is bly toe sy sien dat hy alreeds voorraad opgelaai het, aangesien sy haastig is om op die plaas te kom. Wanneer sy tuis is, help Daleen haar moeder met die week se spyskaarte en tree ook as gasvrou op wanneer hulle baie besig is in die vakansie seisoen.

    Vandag lê die verlange na haar ouerhuis vlak in haar hart en ‘n ligte suggie ontglip haar. André kyk haar ondersoekend aan. Sy lyk moeg en hy is ook bly dat dit vakansietyd vir haar is. Alhoewel sy nie veel sal kan ontspan in die afwesigheid van haar moeder nie, sal die verandering haar goed doen.

    Wil jy iets op Witrivier eet of drink, Daleen? vra hy. Ons sal nie betyds vir middagete by die huis wees nie.

    Nee dankie André, maar ek sal dit waardeer as jy vir ons net iets ligs kan kry om gedurende die rit te eet. Ek is regtig moeg en haastig huistoe.

    Terwyl hy in Witrivier uitklim om kos te koop, sit sy en dink aan hierdie bedagsame, aantreklike man. Met sy donker hare en oë, mooi geaardheid en lenige liggaam, is hy baie gewild. Hy is nou dertig jaar oud, het sy eie gevestigde dierekliniek en is ‘n baie suksesvolle veearts. Hy woon in Nelspruit in ‘n gerieflike woonstel op die perseel van sy besigheid en al bring dit mee dat hy soms in die nag opgeklop word vir noodgevalle, sou hy dit nie anders wou gehad het nie. Sy toewyding aan sy diere pasiente maak van hom ‘n gerespekteerde man in die omgewing. André se ouers woon in die Pumalanga aftree oord in Nelspruit en hulle en die Weidemans is huis vriende wat gereeld oor en weer kuier.

    Mev Malherbe is ‘n hartlyer en baie verswak, maar met haar man se liefdevolle bystand, kom hulle sover nog reg. Na ‘n besige sosiale lewe het hul nou verkies om in ‘n veilige en gerieflike plekkie af te tree, maar hulle kom kuier nog gereeld by Mopani Lodge wat bekend is vir sy rustigheid, wild en natuurskoon.

    Daleen se ouers het hul erfgrond, wat vernoem is na die mopani bome wat wyd verspreid is oor daardie deel van die Laeveld, begin opknap nadat hul twee en dertig jaar gelede getroud is. Hulle het die dig beboste klipwêreld mak gemaak en dit so natuurlik moontlik gehou sodat dit vandag ‘n pragtige vakansie- en wildsplaas is wat gereelde besoekers jaar na

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1