Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Evert Tredoux
Evert Tredoux
Evert Tredoux
Ebook364 pages12 hours

Evert Tredoux

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hoe dun is die lyn tussen beproewing en geloof? Evert Tredoux, direkteur van Goud-Rif Aksepbank in Sandton, se vrou Elsabie en hul twee dogters word wreed vermoor en die geslaene teïs deurreis die land op soek na ’n antwoord op sy vraag – waarom my God, het U my verlaat? Waarom? In sy swerwe help hy etlike geslaenes, breek ’n paar skones se harte, maar trap ook onwetend op ’n dwelm kartel se tone en word die teiken van moordenaars.
’n Rekenmeester van beroep, op sy reis is Evert bereid om teen ’n minimale salaris uit te help. Sy eerste pos is by ’n vervoermaatskappy in Middelburg, Mpumalanga, en hy kry tydelik verblyf by die sekretaresse Elmarie. Sy probeer die aantreklike man verlei maar haar geskeide man is nie hiermee geneë nie en doen iets daaromtrent.
Hy sit sy reis voort en in Witrivier kom hy af op ’n klein klipkerkie en gaan in om te bid. Evert bieg teenoor die jong priester en Gareth gee hom berading. Die priester se regterhand is ’n vaal meisie, Candice, dog Evert vind uit sy is die dogter van die rykste familie in die distrik. Hulle besit plase en fabrieke en Evert kry ’n tydelike betrekking. Die boekhoudster, Trudy, ’n nimfomaan, lê dadelik aan. Hy vind geluk by Candice maar soek nog steeds antwoorde en vat weer koers.
By ’n vulstasie in KwaZulu-Natal loop Evert vir Justice Zibaya, die bank se senior motorbestuurder. raak wat op pad is huis toe vir die inisiasie van sy seun. Hy vertel Evert ’n Britse groep het die bank oorgeneem. Evert gee hom ’n geleentheid tot by sy kraal en word genooi om oor te bly. Dit is ’n ongewone ervaring, nog te meer as die bier trek en die gesette Mbuyiselia bloes uittrek en daarop aandring dat Evert ook hemp uittrek en saam dans.
In die Nottingham Road hotel loop Evert vir Stan raak wat daar is om ’n resiesperd te koop. Hy het Stan vroeër gehelp om ’n besigheid oor te neem. Hulle besoek drie plase. Butch, ’n seun op een van die plase is verloof aan Chane, ’n dogter op een van die ander plase. Haar pa sit sonder ’n rekenmeester en vra Evert om uit te help. Op ’n dag kom Evert af op ’n dronk Butch wat probeer om Chane te verkrag en hy gaan hom te lyf. Hierna soek Chane vertroosting by Evert.
Evert sit sy reis voort en gaan tuis in Whispering Pines, ’n gastehuis af van die N2 op die Tuinroete. Die eienaar Philip treur oor sy maatjie wat weg is en wil hom gaan soek. Die plek is net naweke besig en Evert bied aan om in te staan. ’n Huishulp kom net van Dinsdag tot Vrydag in die oggend in en Evert moet vir gaste ontbyt maak, beddens opmaak en kamers aan kant maak. Die eerste naweek is die plek vol en Saterdagoggend loop alles verkeerd in die kombuis. Zelda wat saam met haar familie is ontferm haar oor hom. Philip kom terug en wil selfmoord pleeg. Evert vertroos hom. Intussen bel Evert vir Christa sy vorige sekretaresse en is geskok om te hoor sy was verkrag deur haar nuwe baas. Toe Zelda die volgende naweek vir Evert kom kuier gaan stap hulle in die bos en die koeël wat vir hom bedoel was tref haar. Die polisieondersoek pen Evert vas en Philip sien die mooi man as plaasvervanger vir Billie. ’n Verhouding met ’n man is net te veel vir Evert en hy vat so gou as moontlik die pad.
In Somerset-Wes klop hy aan by rekenmeesters met wie hy vroeër besigheid gedoen het. Die senior vennoot is tuis met ’n ligte hartaanval en hy vra Evert om Pieter uit te help. Die sekretaresse Anzette smaak hom. Pieter is versot op ’n meisie, Delnerine, maar sy sal net met hom uitgaan as haar vriendin saamkom. Evert willig in om ’n vierde op te maak. Hy vergaap hom aan die beeldskone Venecie dog toe hy met ’n skok agterkom hulle is Kleurlinge lê Pieter se droom in skerwe weens Evert se optrede. Evert belowe om op te maak.
Christa kom vir ’n naweek Kaap toe en sy vat hom bed toe en vertel hom sy was nog altyd verlief op hom. Sondagoggend besluit hulle om die diens by die Groottekerk by te woon om Hom te bedank dat hulle liefdesbekers oorloop van geluk.
’n Bom in Evert se motor gaan af to

LanguageEnglish
PublisherFrederic Roux
Release dateAug 30, 2020
ISBN9781005881726
Evert Tredoux

Read more from Frederic Roux

Related to Evert Tredoux

Related ebooks

Thrillers For You

View More

Related articles

Related categories

Reviews for Evert Tredoux

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Evert Tredoux - Frederic Roux

    Evert Tredoux

    Die Geslaene Teïs

    ***

    Published by Frederic Roux at Smashwords.com

    Copyright 2020 Frederic Roux

    ***

    Hierdie e-boek is vir jou persoonlike genot. Die e-boek mag nie verkoop of aan ander weggegee word nie. Indien jy die e-boek met ander wil deel koop asseblief addisionele afskrifte. Dankie dat jy die harde werk van die skrywer erken.

    ***

    Die storie is fiksie en al was gepoog om te verseker dat geskiedenis en agtergrond vakkundig korrek is, moet dit nie noodwendig as waar aanvaar word nie aangesien dele of aspekte dalk gewysig was om by die storie aan te pas. Enige ooreenkoms met werklike persone, plekke of gebeurtenisse is bloot toevallig. Name, karakters, plekke, handelsmerke, media, opinies, en gebeurtenisse is of die produk van die skrywer se verbeelding of word fiktief gebruik. Die skrywer erken die handelsmerk-status en eienaarskap van verskeie produkte waarna daar in die storie verwys word wat moontlik sonder toestemming gebruik was.

    ***

    Inhoud

    Hoofstuk 1 : Goud-Rif Aksepbank.

    Hoofstuk 2 : Hulle is vermoor!

    Hoofstuk 6 : Waarom dominee? Waarom?

    Hoofstuk 16 : Hy het geen doelwit nie.

    Hoofstuk 21 : Waar kan ’n man losies kry?

    Hoofstuk 33 : Jy neuk met my vrou.

    Hoofstuk 37 : Die twyfelsaad bly opkom.

    Hoofstuk 43 : Toe sien hy die klipkerkie.

    Hoofstuk 46 : Die lyn tussen beproewing en geloof.

    Hoofstuk 50 : Het slagoffers nie regte nie?

    Hoofstuk 59 : Die vis is ingetrek.

    Hoofstuk 64 : ’n Onherroeplike paradigmatiese verandering.

    Hoofstuk 71 : Waarvandaan gaan sy verlossing kom?

    Hoofstuk 76 : Nou vir die million dollar vraag?

    Hoofstuk 82 : Gelykenis van die verlore seun.

    Hoofstuk 85 : Hy was homself oor ’n kom water.

    Hoofstuk 92 : Weziwe is nou poedelnakend.

    Hoofstuk 95 : Maak seker dat jy die perd kry wat jy gekoop het.

    Hoofstuk 105 : Maybe hy gaan by die ander lover.

    Hoofstuk 109 : Soos ’n Naas van ouds.

    Hoofstuk 113 : Hy wou net vat wat hom toekom.

    Hoofstuk 117 : Loneliness hy maak jou … impotent.

    Hoofstuk 125 : Het jy hom van seksuele teistering aangekla?

    Hoofstuk 127 : ’n Gastehuis op die Tuinroete.

    Hoofstuk 131 : ’n Common leeglêer.

    Hoofstuk 138 : Hy weet hoe dit is om geliefdes te verloor.

    Hoofstuk 141 : ’n Ligstraal in ’n treurmare.

    Hoofstuk 148 : Daar is tog ’n vonk.

    Hoofstuk 154 : Het jy darem nou al antwoorde gekry?

    Hoofstuk 157 : ’n Patroondoppie vir ’n jaggeweer.

    Hoofstuk 163 : Beproewings sak hom soos ’n modder storting toe.

    Hoofstuk 169 : Hy lê sy kwalifikasies voor.

    Hoofstuk 174 : Romance is in the air.

    Hoofstuk 182 : Net om djou conscience te satisfy?

    Hoofstuk 188 : Sy kleinniggie dink hy’s die cat’s whiskers.

    Hoofstuk 193 : ’n Geweldige slag ruk die gebou.

    Hoofstuk 197 : Hy is in Valkenburg, die sielsieke inrigting.

    Hoofstuk 202 : ’n Toneel uit die Big Brother program.

    Hoofstuk 205 : Daar is goeie nuus vanuit Parys – maar vir wie?

    Hoofstuk 208 : Die grootste dwelm kartel in die geskiedenis.

    Hoofstuk 214 : Glo en vertrou in jouself en dan in Hom, en jy sal die weg vind.

    Erkenning.

    CV (In ’n neutedop).

    Nog e-boeke deur die skrywer.

    ***

    Hoe dun is die lyn tussen beproewing en geloof;

    Hoe dikwels wéét ons watter kant die voet neerkom;

    En hoeveel keer glo ons nie ons is beroof,

    As ons dink ons is reg, maar dit is andersom?

    ***

    Hoofstuk 1

    Paul Steenkamp sit statig en fier, soos dit ’n bankier betaam. Net die uitdrukking in sy oë verklap toorn as sy kantoordeur na ’n haastige enkele klop oopgaan. Vooraf het hy uitdruklik instruksies gegee dat hulle nie gesteur moet word nie, en hy kan dit nie duld as sy bevele veronagsaam word nie.

    Evert Tredoux en Jakob Aronson, wat oorkant hom sit, kyk beide om as Marion Kimble ongeërg maar met ’n onsekere frons binnekom.

    Wat is dit Marion? Paul se stem toon nie dieselfde ontoegeeflikheid as sy oë nie, want Marion is al jare lank sy sekretaresse en hulle het ’n goeie verstandhouding.

    Verskoon tog meneer, maar meneer Tredoux se buurvrou …, Van Evert gaan haar blik af om ’n nota in haar hand te raadpleeg, … mevrou Liné van der Walt …, Sy kyk weer op na Evert, … het nou net gelui en gevra dat ek vir meneer Tredoux ’n dringende boodskap moet gee om dadelik huis toe te kom. Daar is glo ’n spul polisievoertuie by sy huis.

    Alle oë kyk vraend na Evert en hy kom haastig orent. Het … sy niks verder gesê nie? ’n Skielike angs in sy stem word weerspieël in oë wat heen en weer bokspring.

    Net dat sy nie weet wat fout is nie meneer. Sy wou u nie onnodig ontstel nie. Maar sy voel dat u dalk self moet kom kyk wat aangaan.

    Paul die senior vennoot se hand waai soos ’n besem as Evert vraend-angstig na hom kyk. Jy beter gaan. Ons kan later verder praat.

    Ek’s jammer, sê Evert, terwyl hy byna panies van een na die ander kyk.

    "Good luck Evert," roep Jakob agterna, want teen daardie tyd hol hy al in die gang af.

    Wat gaan aan meneer? vra ’n verskrikte Christa Jordaan sekondes later toe hy soos ’n warrelwind deur haar kantoor storm.

    Vra vir Marion, roep hy uit terwyl hy sy sleutels gryp en hol.

    Angstig kyk sy sekretaresse hom agterna en haas dan na Marion se kantoor om te hoor wat aangaan.

    Goud-Rif Aksepbank (GRA) se kantore is in Sandton, binne ’n klipgooi van die Sandton Mall. So baie maatskappye het die laaste klompie dekades vanuit die middestad van Johannesburg hierheen uitgewyk dat die verkeer, ongeag al die goed-beplande padverbouings, steeds ’n probleem bly.

    En boeta, as jy haastig is en met ’n toenemende voorgevoel van onheil ry, is die verkeersvloei mos altyd, ewig teen ’n slakkepas. Daarbenewens, en dit bly nou maar eenmaal Murphy’s Law, sal alle verkeersligte gesinkroniseer wees om jou te stop. Die verkeerslig op die hoek naby die Morningside-kliniek neem soos gewoonlik ’n ewigheid om groen te word. En as dit oplaas oorskakel is dit soos ’n stroompie water wat weer begin vloei nadat ’n hand vol stokkies en blare uit die voor verwyder is.

    Die gesloer van die verkeersvloei word byna onhoudbaar. Evert is nie iemand wat vuil taal gebruik nie, nie dat hy skynheilig is nie, maar nou, terwyl hy herhaaldelik ‘Asseblief. Asseblief.’ prewel flits talle profane woorde deur sy gedagtes.

    En soos sy gemoed omsit in onverdraagsaamheid of road rage, begin hy om al hoe meer op sy toeter te ry, iets wat hy andersins nooit sou doen nie. Maar afleweringsvoertuie, en veral juweel-behangde gesette dames in lang blink motors, of hul jonger modelle met fietse lyfies en aërobiese drag agter die stuur van hulle four-by-fours van waar hulle op almal kan neersien, is nie een geneë met die ongeduldige jong man in sy Merc nie. Hulle gee of goedsmoeds nie pad nie, of hulle praat aspris net so hard teë op hulle toeters.

    Alles werk eenvoudig saam om sy frustrasie te laat toeneem.

    Sy eerste indruk as hy die draai met skreeuende bande vat en in hulle straat opkyk is die groot getal voertuie en flitsende ligte. Dit is ’n toneel wat genoeg is om sy angs en onrustigheid onmiddellik te laat oorborrel. Die straat is afgesper en die naaste stilhouplek is ’n paar honderd meter van sy inrit.

    ***

    Hoofstuk 2

    Paniekbevange vlieg hy uit die motor en sonder om die deur toe te maak drafstap hy in die rigting van sy huis. By die geel plastiese lint keer ’n konstabel hom voor en kry hom aan die arm beet.

    "Hey! Mister! You can’t …!"

    Los my! Met ’n kreet ruk hy homself los en koes onderdeur die lint. Maar in sy angs gly sy voet en terwyl hy nog struikel om orent te kom kry ’n tweede konstabel hom beet. Los my! skree hy weer en pluk aan sy arm.

    "Is this your house?" vra die konstabel.

    Ja!

    "Wait here! I’ll call an officer!" sê die een konstabel en stap weg.

    Wat gaan aan? vra Evert, terwyl hy nog steeds aan sy arm pluk.

    Meneer Tredoux? vra ’n nuwe stem.

    Evert kyk om. Ja! Kortaf.

    "Let him go constable. Die man is in gewone klere en hy vat liggies aan Evert se boarm. Ek is kaptein Simphiwe Ziqubu. Kom asseblief saam."

    Evert volg hom tot by die inrit van sy erf, dog in plaas daarvan om die paadjie na die voordeur te neem loop hy by die oop garagedeure in, en in die gang af tot by sy studeerkamer. Evert loer angstig na die voorhuis. Sy hart klop in sy keel en sy bors is toegetrek.

    Wat gaan aan? Evert herken skaars sy eie stem.

    Op pad het die kaptein vir sersant Ephat Mthokwa gevra om saam te stap en in die studeerkamer dring hy aan dat Evert in een van die gemakstoele gaan sit. Ephat staan eenkant langs die deur. U kom nou net van die werk af?

    Ja. My buurvrou … oorkant die straat … het laat weet ek moet dadelik huis toe kom.

    Dis reg ja, ek het nou net met juffrou Jordaan gepraat. Ek is jammer …!

    Wat bedoel jy?

    Meneer Tredoux, ek is jammer, maar ek het slegte nuus … jou vrou is vermoor.

    Elsabie? Vermoor? Wat …? Evert sit vorentoe, maar die kaptein staan voor hom, troon oor hom. Hy moet agteroor leun om op te kyk. Waarvan praat jy? Ek verstaan nie?

    Iemand het haar hier ingewag … en vermoor.

    Elsabie … dood?

    Ja. Ek is jammer.

    En …? Evert sluk swaar voordat hy die woorde uitkry, … die kinders? Wat van … Eloïse … en … en … Elsbeth? Sy stem raak byna weg as hy die kaptein se gesig bokant hom met groot oë en vreesaanjaende afwagting dophou.

    Meneer Tredoux … ek … ek is bevrees …!

    Nee! skree Evert, dog dit is net ’n hees gekreun wat uitkom. Dit … kan nie wees nie.

    Ek is jammer meneer Tredo…!

    Evert vlieg orent soos ’n kapel. Hy moet hulle sien! Maar kaptein Simphiwe Ziqubu druk sy hand teen sy bors en stoot hom terug. Meneer Tredoux! Luister na my!

    Waar … is hulle? Ek moet hulle sien!

    Ons kan nou gaan kyk. Luister asseblief nou eers na my!

    Evert kyk verdwaas, vreesbevange rond. Hy glo hom nie!

    Meneer Tredoux …? Hy wag totdat Evert na hom opkyk. Jou vrou … en … beide jou dogters is dood!

    Dood? Evert skud sy kop. Dit kan mos nie wees nie. Hy het hulle nog vanoggend gesien. Hulle was springlewendig. Dan herhaal hy, in ’n fluisterstem, Dood?

    Ja!

    Maar hoe …?

    Hulle is vermoor!

    Vermoor? Maar … ek verstaan nie?

    Kaptein? onderbreek ’n stem hulle vanaf die deur.

    Nie nou nie! Ek’s besig, snou die kaptein kortaf oor sy skouer. Dan draai hy weer vinnig terug na Evert. Meneer Tredoux, iemand het jou vrou hier ingewag … en hulle het jou vrou en dogters vermoor toe hulle tuisgekom het.

    Hulle? Al drie?

    Al drie, ja. Ek is jammer.

    Maar hoekom?

    Verwarring, verslaentheid, selfs ’n mate van skeptisisme woed in Evert se binneste, want so iets kan mos nie met jou gebeur nie! Nie met Elsabie nie! Nie met Elsabie, Eloïse en Elsbeth mie! Nie met hulle nie! Nie met hom nie!

    Kaptein Ziqubu is geduldig. Hy weet uit ondervinding hy moet eers die werklikheid by Evert tuisbring. Voor dit kan hy nie toelaat dat Evert sien wat gebeur het nie, anders weet hy dat Evert sy selfbeheersing sal verloor.

    ***

    Hoofstuk 3

    Hoekom? herhaal Evert. Hy wil weet.

    Wie weet hoekom? Onmenslikheid? Wreedaardigheid? Barbaarsheid? Kaptein Ziqubu skep diep asem en kyk vinnig na Ephat. Hulle het gekom om te roof … dis gewoonlik so … maar waarom hulle moet moor? Nugter weet alleen. Hy sug, want hy weet waarom – ’n beeldskone vrou en twee ewe mooi dogters – die versoeking was onweerstaanbaar – en buitendien, hierdie mense het geen gewetenswroeging nie. Meneer Tredoux, waarin het jou vrou gery?

    My vrou? Gery? Wat …?

    In watter maak voertuig het jou vrou gery?

    O! ’n Mercedes … ee … ’n Mercedes Estate … dis ’n … ’n stasiewa. Dit is silwerkleurig en dit het ’n ingeboude …, Hy vryf sy kop, … satelliet opspoorstelsel. Hy haal die nodige details aan.

    Laat weet hulle dadelik, beveel die kaptein vir Ephat wat notas gemaak het.

    Kan ek my … vrou … ee … hulle … nou sien? smeek Evert.

    Die kaptein aarsel. Wag asseblief ’n oomblik. Ek moet eers by die medikus en die forensiese span hoor of hulle al klaar is.

    Evert laat sak sy kop en knik, maar kaptein Ziqubu wag totdat hy tevrede is dat Evert nie van plan is om weer op te spring nie. Eers toe draai hy om en stap na die deur, waar hy weer talm, voordat hy die kamer verlaat.

    Evert kan dit nie verstaan nie? Sy kop draai. Elsabie, Eloïse en Elsbeth dood? Al drie van hulle? Onmoontlik. Dit kan nie waar wees nie. Nie sý Elsabie nie.

    Dan tref ’n gedagte hom. Hulle steek iets weg! Die kaptein het hom nie alles vertel nie. Hy steek iets weg. Maar wat? Waarom moet hy wag? Dit gaan nie net oor vingerafdrukke nie? Hy moet uitvind wat dit is. Sy oë flits manies rond en hy kom stadig orent uit die stoel. Dog toe hy die deur nader verskyn sersant Ephat Mthokwa.

    Wat steek julle vir my weg? Met geslepe oë hou Evert hom dop, want as hy ’n kans kry gaan hy verby hom spring.

    "The captain will be back soon," sê Ephat terwyl hy die opening toestaan.

    Wat steek julle vir my weg? vra Evert as kaptein Ziqubu agter Ephat verskyn.

    Meneer Tredoux, ek steek niks weg nie. Al wat ek probeer is om jou voor te berei vir die skok. Hier is ’n moord gepleeg … drie moorde … en geen moord is ooit ’n mooi gesig nie. En wanneer daar bloed is, is die skok soveel groter.

    Bloed? Bloed? Evert se stem is skor. Hy wil nader beweeg maar sy bene is stram. Watse bloed?

    Kaptein Ziqubu gryp Evert se arm as sy stem al hoe meer panies raak. Kalmeer jou meneer Tredoux. Jou vrou is met ’n mes gesteek.

    My vrou … met ’n … ’n …! Hy kry Ziqubu voor aan die bors beet. Sy knieë knak en hy moet vasklou. ’n Mes? Wat … waarvan praat jy?

    "Sargeant! roep Ziqubu. Net betyds, want besetenheid gee Evert krag en hy wil hom uit die pad pluk. Maar Ephat kry hom om die lyf beet. Stadig nou meneer Tredoux. Vat dit kalm." Saam stoot hulle hom weer terug in die gemakstoel.

    Elsabie … dood …? mompel Evert. Hy kan dit nie meer inhou nie en toe breek die wal en vloei die trane. Dood … Elsabie … al drie … dood …? Sy skouers ruk en hy snik soos ’n kind.

    Ja meneer Tredoux. Ek is jammer.

    Is al drie … met ’n mes …?

    Nee meneer Tredoux. Net u vrou en oudste dogter.

    Elsbeth …? Sy stem is hees.

    Die jongste een? Hy knik. Dit lyk of sy verwurg was. Iemand het haar blykbaar te styf vasgehou. Sy was die gelukkige een, gaan dit deur Ziqubu se gedagtes as hy dink wat met die ander twee gebeur het.

    Ag my Here, my God? Waarom? Waarom? Dit is ’n vraag wat Evert homself nog vele kere sal vra. Sy oë is dik, betraand, as hy smekend na Ziqubu tuur. Vertel my dis nie waar nie. Net ’n droom. ’n Nagmerrie. Maar hy kry geen antwoord nie. Ziqubu staar hom uitdrukkingloos aan. Het hulle … gely? vra Evert met ’n snik.

    Ziqubu en Ephat kyk vinnig na mekaar, dan antwoord Ziqubu saggies, Ja … ek is jammer.

    Waarom? Waarom moes hulle ly? Ook hierop het Ziqubu geen antwoord nie. Kan ek … kan ek hulle nou sien?

    Ziqubu kyk na Ephat. Hoor of hulle al klaar is.

    Nadat die span, medikus, forensies en fotograaf, hulle take voltooi het, wil die medikus eers seker maak dat die toneel redelik aanvaarbaar daar uitsien. Al drie liggame is in sakke en net die gesigte is oop. Asof dit sal troos, dink die medikus verbitterd, want geen bebloede toneel en geskende liggaam kan ooit vir ’n geliefde aanneemlik wees nie. Dood is dood. En moord bly moord. Onmenslik. Afskuwelik.

    Toe Ephat inkom en knik vat Ziqubu Evert se arm en help hom orent. Stadig loop hulle met die gang af na die sitkamer.

    Evert se bene voel wankelrig. Hy voel naar. Sy asem snak as hy die drie sakke sien. Dan ruk hy homself los en hol na Elsabie om langs haar op sy knieë te val. Hy kyk af in haar bleek, stil gesig. Daar is merke op haar gesig wat hy nie ken nie. Hy huiwer, en dan neem hy haar kop versigtig in sy arms en hou dit teen sy bors vas. Sy liggaam ruk en meteens bars die damwal en hy tjank onbeheersd.

    Met knoppe in hulle kele kyk die geharde manne weg.

    ***

    Hoofstuk 4

    Elsabie is ’n klein en fyn mensie, met klein oortjies en ’n wipneusie – ’n feetjie in lewende lywe. Sy het die helderste blou oë en natuurlike blonde hare, wat kort gesny is, wat van die feetjie ’n kaboutertjie maak. Hoe dit ook al sy, Elsabie is beeldskoon. En haar gesig boesem vertroue en liefde in. Nie net dit nie, sy is innemend en staan altyd reg om vir ander te doen wat sy kan.

    Nie dat sy Evert afskeep nie. Want as Elsabie enige fout in die lewe het, dan is dit dat sy té korrek met alles is. Elke ding het sy tyd, plek, en hoe. Niks mag rondlê nie, nie ’n koerant, boek, blaar of trui nie. En as Evert té amoreus raak, en sy weet hy kan dit nie meer inhou nie, wat dikwels genoeg is, dan vat sy sy hand en neem hom kamer toe. Eers nadat hulle al hulle klere weggesit en die bed oopgetrek het gee sy haarself oor aan hom en dan kan hy doen wat hy wil. Evert gee nie om nie, hy kry totale bevrediging. So nou en dan sal hy nie omgee om dit sommer op die sitkamer se mat te doen nie, maar dit is nie Elsabie nie.

    Beide Eloïse en Elsbeth is ’n ewebeeld van hulle ma, en hulle is ontsettend lief vir haar. Hulle wedywer immers vir haar liefde. Maar daarvan het sy genoeg vir almal. Hulle is ook lief vir hom en wys dit gereeld op so baie maniere.

    En omdat Elsabie so baie vir haar medemens doen, staan die drie vrouens bekend as die drie ‘E-ngele’, en is alom bemind.

    In skerp kontras met die drie Engele is Evert so 1,85 meter, of ’n rapsie oor die ses voet in sy pa se taal. Langs Elsabie is hy seker ’n rapsie korter dog in sakemanne se geselskap ’n rapsie langer. Evert het ook blou oë en natuurlike blonde hare. Sy pa het altyd gesê hy weet nie waar die kind vandaan kom nie, want nie hy of sy vrou is natuurlik blonde nie. Tog, as jy na ’n kiekie van hom kyk toe hy klein was, was sy hare ook net so lig.

    En wanneer die vier van hulle in die straat afstap, of die kerk binnegaan, die lang man en sy drie Engeltjies, kyk almal met bewondering na wat minsaam bekend geword het as die Noorse gode.

    Elke Dinsdag en Donderdag wag Elsabie haar dogters in by die skool. Op die dae oefen hulle sport. Maar Maandae en Woensdae kry hulle eers om sesuur klaar, want dan vier die kunste hoogty, Eloïse moderne dans, en Elsbeth viool.

    Elsabie is altyd uiters versigtig. Sy sorg dat die voertuig se deure gesluit is voordat hulle wegtrek en wanneer hulle tuiskom kyk sy eers goed rond. Deesdae kan jy ook nie anders nie, want daagliks word iemand êrens in Gauteng gekaap en soveel word koelbloedig geskiet.

    Getrou hieraan maak Elsabie die dag die hek met die afstand-kontroleur oop, ry in en maak dit weer toe voordat sy die enjin afskakel en die deure oopsluit. Agter in die voertuig weet haar dogters om te wag totdat ma die teken gee voordat enige een probeer om ’n deur oop te maak.

    Maar deesdae is hierdie euwel soos ’n kanker, dit skuil binne en slaan toe wanneer dit die minste verwag word.

    En nou het die drie Engele die aarde verlaat.

    ***

    Hoofstuk 5

    Die polisie ruim op, so goed as hulle kan. Maar aan twee groot kolle op die sitkamermat, en donker spatsels op die mat en teen die rusbank en gordyne kan hulle niks doen nie.

    Kaptein Ziqubu en nog een kry Evert aan die arms beet en trek hom van Elsabie af sodat hulle haar liggaam kan verwyder. Hulle sit hom neer op ’n gemakstoel, en daar bly sit hy, sy oë vasgenael op die donker kolle – al oorblyfsels van sy geliefde Engele.

    ***

    Hoofstuk 6

    Geleidelik neem die gemaal van polisie af en word dit vervang deur die gedreun en geween van familie en vriende. Evert se ouers, Hennie en Maryna, en sy broer André en die se vrou Cecile, en Elsabie se ouers, Piet en Erna Naude van Kimberley. Dominee Kallie van Vuuren en Tant Sannie, en Evert se bure, Renier en Liné van der Walt, en Keith en Sue Hern, is daar; ook Desmond en Henriette de Ridder, sy ou skoolvriend en prokureur. Die slagveld is ’n tragiese, hartseer, bitter toneel. Almal huil. Tant Sannie maak tee en koffie. Liné, en Sue bring kos oor.

    Evert sit in die gemakstoel. Hy huil nie meer nie. Hy kan nie roer nie. Hy kan nie eet of drink nie. Hy staar net na die donker kolle voor hom, al wat nagelaat is van sy Engele. En hy wil net een ding weet. Waarom? Waarom my God. Waarom?

    Dominee Kallie sit by hom en bid, en probeer om hom moed in te praat, maar Evert hoor niks wat ds Kallie sê nie. Sy stem is net ’n dowwe gedreun. Evert is wat ds Kallie altoos beskryf het as een van die voortreflike diakens in sy gemeente.

    Waarom dominee? Waarom? prewel Evert aanmekaar.

    Mense loop op hulle tone rond. Hulle fluister. Hulle ween.

    Nie een trap op die donker kolle nie.

    Ds Kallie vra vir Cecile en sy gaan haal Elsabie se Bybel en hy slaan die Boek oop en vertel vir Evert dat, "God aan Job gesê het om tevrede te wees, al het hy nie geweet waarom hy ly nie …!" Hy lees uit Job 40:1-9, waar staan dat jy jouself deur jou eie mag kan red. Dan bid hy lank.

    ***

    Hoofstuk 7

    Televisiespanne, verslaggewers en fotograwe daag op. In onderhoude vertel Liné hoe sy vir Evert ontbied het. Sue vertel hoe sy die polisie ontbied het, nadat sy die Mercedes Estate sien wegry het met vier persone daarin. In ’n onderhoud met TV nuus vaar André verbitterd uit teen die oorgawe van die owerhede aan wetteloosheid en moordbendes – niks en niemand word ontsien nie.

    Die eerste berigte is op die sesuur televisie en radio nuusprogramme, met volledige dekking op die Afrikaanse televisie nuusprogram.

    Die Mercedes Estate word op ’n grondpad naby die Jukskeirivier voorgekeer, maar na ’n kort skietery verdwyn die insittendes in die doolhof van die blikkiesdorp bekend as Alexandria. Hope vingerafdrukke word oral in die voertuig en huis gevind. Alhoewel Sue die mans sien wegry het (sy het deur ’n gordyn geloer), kan sy hulle nie beskryf nie, want sy het nie ’n duidelike genoeg beeld van eenigeen gekry nie. Die moordenaars sou aan hulle vingerafdrukke uitgeken word. Die is op rekord, vier geharde oortreders wat al meermale in die tronk was, op aanklagte van o.a. moord, roof en verkragting. Twee van hulle is uit op parool en twee is ontsnapte aangehoudenes.

    Omdat die drie vroue so brutaal vermoor was hou die nuusdekking ’n dag of wat langer aan, in teenstelling met ander voorvalle wat al so alledaags geword het dat dit nie langer as een of dalk twee berigte nuuswaardig is nie – of gladnie eers op televisie genoem word nie.

    En wanneer dit eers bekend word dat die dogters oopgesny en liggaamsdele verwyder is, maak gerugte van toordoktors en die gebruik van sulke liggaamsdele vir muti die moorde weer ’n tyd lank nuuswaardig. Selfs die bekende Suid-Afrikaanse familie weekblad publiseer twee opeenvolgende artikels met prente oor die onwettige handel in menslike liggaamsdele en die gebruik daarvan vir muti.

    En later, wanneer die patoloog se verslag in die hof openbaar word, dat beide Elsabie en Eloïse verkrag was voordat hulle vermink was, kry die nuuswaardigheid van die tragedie nuwe stukrag.

    ***

    Hoofstuk 8

    Dit word stil in die huis nadat die familie, bure en vriende na hulle huise terugkeer waar hulle seker maak dat alle deure en vensters behoorlik gesluit is. Net Evert se broer en Cecile bly om na hom om te sien. Ouma sal na hulle kinders kyk.

    André sit lank by Evert. Hy gesels maar kry geen reaksie nie en eventueel oorreed Cecile hom om te kom slaap.

    Soos ’n plaat wat vashaak draai dominee se woorde die hele nag in Evert kop, ‘God het aan Job gesê om tevrede te wees, al het hy nie geweet waarom hy ly nie.’ En heel nag prewel hy aanmekaar, Waarom my God, waarom? Is hy dan ’n hedendaagse Job? Is dit sý lot?

    Wanneer André en Cecile douvoordag opstaan sit Evert nog daar. Hulle kyk na mekaar en tref reëlings om vir die dag oor te bly.

    Paul en Junita Steenkamp en Jakob en Bella Aronson kom simpatiseer later die oggend. Dominee loer in. Maar Evert praat met niemand nie. Hy staar net na die kolle, na die laaste oorblyfsels van sy drie Engele.

    André hou verslaggewers en fotograwe op ’n afstand.

    Almal raak bekommerd, dat die skok te groot was, want Evert bly in ’n soort beswyming. En elke nou en dan mompel hy, Waarom, o my God, waarom?

    André is naderhand raadop en hulle kry die familiedokter in en die gee vir Evert ’n inspuiting. Nie dat dit enige verskil maak nie.

    Later die dag kom Hennie en Maryna oor en besluit om tot na die naweek te bly. Vir enige moeder is dit onrusbarend om haar kind so te sien ly. Beangs probeer sy om hom te troos. Dog sy aanhoudende ‘Waarom ma? Waarom?’ ontstel haar geweldig.

    ***

    Hoofstuk 9

    Dominee Kallie van Vuuren se preek die Sondag is voor ’n stampvol kerk. Hy lees uit Spreuke 24: 13-22, en sy preek handel oor die Regverdige wat hom nie laat onderkry nie, en die Bose wat deur rampe vernietig sal word.

    In vandag se tye van wetteloosheid, werkloosheid en wanhoop is so ’n preek heel gepas, maar soos so baie mense na die diens sê, ‘Dit los nog nie die probleem op nie.’ en ‘G’n wonder so baie mense emigreer nie.’

    In Evert se eensaamheid herhaal hy net een vraag oor en oor, ‘My God, my God, waarom het U my verlaat?’

    ***

    Hoofstuk 10

    Maandagoggend kan Hennie dit nie langer uithou nie en wil hy met alle geweld huis toe gaan. Maryna sê sy kan nie vir Evert alleen los nie, want sedert die tragiese gebeure het hy nog niks geëet nie, en sy weet as sy hom alleen los sal hy niks eet nie. Maryna oorreed toe vir Hennie om oor te bly tot na die begrafnisdiens Woensdag.

    Evert staar na die kolle, die laaste oorblyfsels van sy drie Engele. En as enigeen met hom praat is sy enigste reaksie, Waarom my God het U my verlaat?

    Dit maak Hennie rasend. Sy oplossing is om iemand so gou as moontlik in te kry om die mat skoon te maak, maar Maryna is bekommerd dat dit Evert se toestand kan vererger. Daarop antwoord Hennie dat niks erger kan wees as wat dit nou is nie. Dinsdag is toe die vroegste wat die mense kan inkom om die mat, rusbank en gordyne skoon te maak.

    Die skoonmakers kom en gaan, maar Evert bly sit en staar na die kolle. Hulle is tevrede dat hulle ’n goeie diens gelewer het. Maryna ook. Maar Evert sien nog die kolle, die laaste oorblyfsels van sy geliefdes.

    Woensdagoggend is die kerk stampvol. Evert is soos ’n zombie en Maryna hou sy arm vas as hulle die kerk ingaan. En as hulle na die drie kiste kyk, weet niemand wie die hardste huil nie, Evert of Maryna.

    Ds Kallie lees uit Johannes 12:34-36, en sy preek handel oor die drie Engele wat hulle lig na hierdie wêreld gebring het, van waar hulle net so tragies soos Jesus

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1