Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vasgekeer: En Ander Glimlag Stories
Vasgekeer: En Ander Glimlag Stories
Vasgekeer: En Ander Glimlag Stories
Ebook85 pages2 hours

Vasgekeer: En Ander Glimlag Stories

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Egte Suid-Afrikaanse humor op sy beste!

Of jy steeds in SA is of dalk oorsee bly, daar’s niks lekkerder as 16 stories in Afrikaans om jou te laat ruk soos jy lag nie.

Inhoud:

  • “Vasgekeer!”
  • “Waar Leeupan sy Naam Gekry het”
  • “Drie Duiwels op ’n Draak”
  • “Engel Gabriël se Koets”
  • “Daan Droomland”
  • “Dominee en die Aartappel”
  • “Die Lang Wag by Spookdrif”
  • “Lyf, Lyf, Staan Styf”
  • “Blink Ben”
  • “Om Vas, Vry en Bly te Kan Wees”
  • “Die Antie by Toonbank 13”
  • “Deksel vir ’n Skewe Pot”
  • “Dis ’n Mielieplesier”
  • “Oom Gert Grootpraat se Winter”
  • “Om te Serve en te Protek”
  • “Boesman se Selfoon”

Hierdie sal die eerste van vele Bennie Olivier bundels wees.

Moenie ons Engelse boeke misloop nie.

Met trots aangebied deur Crystal Lake Uitgewers

LanguageEnglish
Release dateMay 16, 2017
ISBN9781386997405
Vasgekeer: En Ander Glimlag Stories

Related to Vasgekeer

Related ebooks

Humor & Satire For You

View More

Related articles

Related categories

Reviews for Vasgekeer

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vasgekeer - Bennie Olivier

    INHOUDSOPGAWE

    VASGEKEER!

    WAAR LEEUPAN SY NAAM GEKRY HET

    DRIE DUIWELS OP ’N DRAAK

    ENGEL GABRIËL SE KOETS

    DAAN DROOMLAND

    DOMINEE EN DIE AARTAPPEL

    DIE LANG WAG BY SPOOKDRIF

    LYF, LYF, STAAN STYF

    BLINK BEN

    OM VAS, VRY EN BLY TE KAN WEES

    DIE ANTIE BY TOONBANK 13

    DEKSEL VIR ’N SKEWE POT

    DIS ’N MIELIEPLESIER

    OOM GERT GROOTPRAAT SE WINTER

    OM TE SERVE EN TE PROTEK

    BOESMAN SE SELFOON

    VASGEKEER!

    Nou nog kry ek daaroor nagmerries. Skrik ek in die nag wakker en sit regop in my bed. My lyf papnat van die angsweet. Het ek weer gedroom ek is vasgekeer?

    Ek is ’n oujongkêrel. Ja, ek was nog nooit getroud nie—is ook nie van plan om my op daardie terrein van die lewe te begewe nie. En hierdie nagmerrie wat my so nou en dan ry, sorg beslis dat ek ’n vrygesel bly. Hierdie vrou van my drome. (Of is dit nou ín my drome?)

    Vrou van my drome. Dit klink egter nie so romanties as wat ’n mens sou dink nie. ’n Vriend van my wat ’n kopdokter is, daardie soort wat jou denkwyses ontleed en uitspel, en dinge oor jou vertel wat jou hare laat rys, vertel my dat hiérdie vrou dalk die oorsaak kan wees dat ek nog so los rondloop.

    Hy beweer dat ek glo ’n sielkundige skok van die vroulike geslag eens op ’n tyd moes opgedoen het. Dalk is hy reg. As hy die vrou in my drome moes ken, sou hy ook ’n skok of twee weggehad het.

    Die vrou is egter lankal nie meer met ons nie, mag haar siel in vrede rus, maar ek onthou haar nog goed. Pla sy my dan nie nóú nog in my drome nie? Ja-nee, ek onthou haar. Sy was ’n tante aan my oorle’ ma se kant. Tant Anna Platbek het ons haar genoem.

    Die onsmaaklike bynaam het sy glo as kind by haar oupa gekry. Het blykbaar eendag haar mond stukkend geval en huil-huil troos by oupa gaan soek. Die ou se trooswoorde het toe die stempel afgedruk vir die res van haar lewe.

    Ag tog! En nou is my ou doggie Annetjie Platbek Petoors!

    Só het sy toe deur die lewe gegaan. Annetjie Platbek. Hoe onwetend en liefdevol-wreed was ons voorouers nie! Annetjie het later Anna geword, die bek het egter gebly. Dit het net breër en groter geword.

    Gee darem tant Anna haar eer. Sy was ’n dierbare vrou. ’n Wonderlike mens. Ek het haar as kleuter leer ken. Tant Anna was ’n goedige, vriendelike en familievas mens. ’n Oorborrelende liefde vir ander gehad. En dít is waar my skok sy oorsprong gehad het. Hierdie liefdevolheid van tant Anna Platbek!

    Soos dit onder familie gaan na ’n lang afwesigheid van mekaar, is die groetery met die weersiens mos maar hartlik, gemoedelik en vreugdevol. Die hallo-sê asof dit die eerste keer is, en die koebaai-sê of dit die laaste is. Verál onder die vroulikegeslag word dit met oorgawe gedoen. Veral die koebaai-sê-ery.

    My oorle’ pa het altyd gesê hy wonder hoekom die vrouens nie maar met die koebaai-sê kan begin met die aankoms nie. Dit lyk mos vir hom of hulle dan éérs begin te kuier.

    Die groetery onder vroumense word mos met die mond gedoen. Op hiérdie terrein was tant Anna Platbek sekerlik die soenkampioen van die land. Dáái antie kon vir jou soen!

    Tant Anna was groot en stewig gebou. Ja, soos destydse Boervroue was sy gróót. En vir ’n tjokkertjie in Sub A, wat ek was tydens my skokondervinding, was alles van tant Anna Platbek groot; hande, voete, lyf, kop, lippe . . . alles was groot!

    Haar soengroetery is amper met ’n soort ritueel voorafgegaan. Met vonkelende oë het sy altyd handewringend op haar beurt gewag. As sy ’n soenbare stel lippe in die oog gekry het (álle lippe was vir haar soenbaar), is daar met uitgestrekte arms en oopgesperde vingers genader. So al liplekkende. So met die naderkom, is daar stip na jou gestaar met sulke groot, ronde oë (ek het jou gesê als was groot aan haar) en dan het sy die gewoonte gehad om daardie groot lippe te tuit en te roer. So asof sy daardie platbek in rat wou kry vir die kus-der-kusse. Nes ’n dier op pad na ’n lekker dis!

    Nodeloos om te sê, was ek nooit te vinde vir hierdie gesoenery van tant Anna Platbek nie. En na daardie skokkende dag is ek nóg minder te vinde vir ’n soenery- van watter aard ook al.

    Tot vandag toe is ek nie ’n soen-mens nie. Nee, kyk, ek is ’n kieskeurige kusser. Die Liewe Vader het vir ’n man ’n hand gegee om mee te kan groet. Hy het nie nodig om aan alles wat vir hom mooi, lekker en lieflik is, te staan en lek nie!

    Daardie sekere dag het tant Anna Platbek my skoon soenloos geskok vir die res van my lewe. Laat ek jou vertel van die dag toe ek vasgekeer was deur die oorweldigende liefde van ’n vrou.

    Soos gesê, was ek in Sub A. Groot van lyf was ek nie. Rietskraal gebou. Net ’n ou asempie, het my oorle’ ouma altyd gesê. Dit was een sekere Sondag en oorle’ ma het besluit dat ons ’n bietjie vir die familie moet gaan kuier. Ons was mos lanklaas daar. Van alle familie wat gekies is, moet dit mos nou juis tant Anna Platbek-hulle wees.

    Dadelik het die benoudheid my begin beetpak. Ek het mos geweet wat wag daar vir ons. ’n Hartlike verwelkoming soos min. Om nie eers van die afskeid te praat nie. Veral van tant Anna se kant af. Ek het al

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1