Lyntjie DIE N7 IS DIE PAD VAN MY HART
Vir ons Zoom-onderhoud is Lyntjie (of Marilyn, soos haar ma haar noem) treffend aangetrek in ’n rooi baadjie en ronde swart Iris Apfel-brille. Haar afro is fantasties en haar naels kort en rooi. Haar maklike glimlag en warm persoonlikheid rond die prentjie netjies af.
Lyntjie vertel met liefde van haar grootwordjare. “Jy was net ’n tjeend gewees, en jy het gespeel soos ’n tjeend. Jy was vuil soos ’n tjeend. Ek het nou nog ’n love-hate relationship met Sunlight-seep, want ’n mens was geskróp asof jy die heeltyd xhoe. Kyk, in Namakwaland praat ons mos as jy bietjie aanpaksels het, dan sê Mamma-goed: ‘Wat xhoe jy so? Julle sal moet rég was.’ En as mens nie reg was nie, word jy geskrop amper soos ’n klein afval,” vertel sy droog.
Springbok is nog steeds huis, al woon sy deesdae in Bellville. “In die eenvoud van die lewe lê daar vir jou ’n skat.” Dié woorde het Lyntjie iewers in ’n restaurant gesien en dit het tot haar gespreek. “Dis hoe dit vir my voel as ek huis toe gaan,” verduidelik sy. “Die N7 is die pad van my hart. Hy vat my huis toe en hy bring my
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days