Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Agter Geslote Deure
Agter Geslote Deure
Agter Geslote Deure
Ebook123 pages2 hours

Agter Geslote Deure

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die doel van hierdie boek is om aan ander persone, wie dieselfde traumatiese gebeurtenisse beleef het soos wat in die inhoud weerspieël word, ‘n boodskap van hoop te gee. Deur die stap te doen van pen op papier sit, het ek bevryding van ‘n teisterende verlede ontvang. Daar is nie ‘n kitskuur nie. Die oplossing, en dit is die crux van my boodskap, is om weer beheer oor jou eie lewe te neem. Jy mag dalk net baba-treë neem, maar die oomblik wanneer jy daardie eerste tree geneem het, staan jy reeds in oorwinning. Jy kan die bagasie van die verlede afgooi en lewe sonder enige skuldgevoel oor wat met jou gebeur het.
Jy kan en moet vergewe, veral jouself.
Wees sterk en glo in jouself! Net jy kan jou lewe, lewe!
Doen dit! Jy het net een lewe, lewe dit voluit, dag vir dag, lewe soos jy nooit gedroom het jy kan nie en breek die kettings van die verlede.

LanguageEnglish
PublisherJohan Botha
Release dateJan 13, 2021
ISBN9780620402293
Agter Geslote Deure
Author

Johan Botha

I am an author and publisher and supplier of books. Fiction, biography, training manuals, school books and do it yourself books.

Read more from Johan Botha

Related to Agter Geslote Deure

Related ebooks

Biographical/AutoFiction For You

View More

Related articles

Related categories

Reviews for Agter Geslote Deure

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Agter Geslote Deure - Johan Botha

    AGTER GESLOTE DEURE

    Johan Botha

    Alle regte van hierdie publikasie word voorbehou. Die publikasie in sy geheel of enige gedeelte daarvan mag nie gereproduseer word in enige vorm of op enige manier gestoor word, elektronies, meganies, of per fotostaat, opnames of andersins, sonder die uitsluitlike vooraf toestemming van die skrywer of sy uitgewers nie.

    © Johan Botha, 2009

    © Johan Botha, 2021

    Hersien Januarie 2021

    Omslag ontwerp deur: Pete Klimek

    Voorblad fotos: Pete Klimek

    ISBN: 978-0-620-40229-3

    VOORWOORD

    Die doel van hierdie boek is om aan ander persone, wie dieselfde traumatiese gebeurtenisse beleef het soos wat in die inhoud weerspieël word, ‘n boodskap van hoop te gee. Deur die stap te doen van pen op papier sit, het ek bevryding van ‘n teisterende verlede ontvang. Daar is nie ‘n kitskuur nie. Die oplossing, en dit is die crux van my boodskap, is om weer beheer oor jou eie lewe te neem. Jy mag dalk net baba-treë neem, maar die oomblik wanneer jy daardie eerste tree geneem het, staan jy reeds in oorwinning. Jy kan die bagasie van die verlede afgooi en lewe sonder enige skuldgevoel oor wat met jou gebeur het.

    Jy kan en moet vergewe, veral jouself.

    Wees sterk en glo in jouself! Net jy kan jou lewe, lewe!

    Doen dit! Jy het net een lewe, lewe dit voluit, dag vir dag, lewe soos jy nooit gedroom het jy kan nie en breek die kettings van die verlede.

    Die wat jou bind daaraan bind net hulleself! Maak jouself vry en LEWE!

    Alhoewel hierdie boek gebaseer is op my eie lewensverhaal, het ek dit in ‘n fiktiewe verhaalvorm geskyf en sekere gedeeltes is aangepas om dit vir die leser maklik leesbaar te maak.

    Ek wil nie hê dit moet soos ‘n verklaring klink nie. Daar is geen bedoeling hierin om enige persoon op enige wyse of met enige opsetlike intensie te benadeel nie. Al die karakters in hierdie boek se name is verander om hul ware identiteit te weerhou en te beskerm, alhoewel hul nie fiktief is nie, maar wel die rolle vertolk van persone wat ‘n werklikheid in my lewe was en waarvan sommige nog steeds is.

    Enige moontlike verwysing na persone met dieselfde name as die karakters in hierdie boek en/of wat op dieselfde plekke woon, of gewoon het in die tydperk wat hierdie verhaal afspeel, waarna verwys word, is bloot per toeval en nie feitlik nie. ALLE REGTE WORD VOORBEHOU.

    Erkennings

    Dankie aan almal wat deur my lewe by my gestaan het. Veral in die donkerte daarvan. Dankie aan die mense wat bereid was om te luister en te help.

    Julle weet wie julle is.

    Dankie vir die ontwerper van die voorblad, Pete, vir jou aanhoudende geduld met my.

    En die laaste maar nie die minste nie. Die belangrike persoon wat onder baie erge druk vir my die editing gedoen het en my nogal heeltemal uitgeboul het met wat hy kan doen! Wel, Jy weet wie jy is.

    Johan.

    AGTER GESLOTE DEURE

    Johan Botha

    Hoofstuk 1.

    Dit lyk of die see sy innerlike woede leeg gemaak het op die strand. Daar was ‘n storm die vorige aand en die strand lê verstrooi met seegras, skulpe en klippe wat afgebreek het. Hier en daar lê ’n stuk dryfhout. Derduisende bloublasies lê verstrooi op die vuil strand. Meeue baljaar heerlik tussen die swetterjoel goed wat wyd uitgestrooi lê terwyl sommige verbete toutrek om besit van ‘n stuk aas.

    Swart vuilgoed sakke het ook uitgespoel en nimmer weet waar dit vandaan kom. Gooi hulle dan die sakke iewers weg in die see? Wie sou so iets kon doen? Dit kan immers die dood van duisende seediere beteken!

    Die vroeë hitte van die somerson veroorsaak klein sweet riviertjies langs my voorkop. Die massiewe berge om die baai

    omring my met hulle grootheid en beskerming. Daar is ‘n paar visserbootjies wat rond dobber in die verte. Vaagweg kan jy die beweging van mense op die bootjies uitmaak soos hulle visvang. Die sand is nat tussen my tone en ‘n klein golfie pla my voete waar ek loop.

    Ek wens ek kon so wees. Myself vir eens en vir altyd leegmaak en die woede uithaal. Die seer en onreg wat ek voel soos ‘n swart wolk binne my hele wese as mens. Al die vuilgoed sakke uitkeer en omkeer en uitstort. Dan sal alles skoon wees en miskien kan ek dan vir die eerste keer in veertig jaar begin lewe soos ander normale mense om my!

    Ek baklei al 35 jaar lank teen wat gebeur het en vir self- aanvaarding. Ek baklei met God en Jesus en al die dominee's en pastore. Die mense wat hulle Christenskap op my wil afdwing deur te sê dat Hy nie verantwoordelik is vir wat met my gebeur het nie.

    Al die sielkundiges wat nie regtig verstaan nie, solank jy net die rekening betaal dan is hulle gelukkig.

    Ek baklei met myself en net ek weet wat hier diep binne in my aangaan. Kan ander my nie ook net aanvaar en eenmaal verstaan dat ek nou net myself wil wees nie. Die mens wat God wou hê ek moes word. Die uitskot tussen Sy skeppings. Die een wat die flop is. Almal sê God het groot planne met my en dat ek net moet vergewe en vergeet.

    Ha ha ha, die wat dit sê weet nie wat hier diep binne my hart en siel aangaan nie. Hulle weet nie waarvan hulle praat nie! Kom lewe my lewe! Kom sien en kyk wat het gebeur en ondervind dit self! Party van ons lewe so beskermend dat ons nie weet wat werklik in ander se lewens gebeur nie. Ook nie omgee wat met ander gebeur nie. Al is dit jou bure!

    Jy sien hulle in en uitgaan by hul huise en woonplekke. Maar weet jy regtig wat daar aangaan?

    Agter die geslote deure? Of gee jy net nie om nie? Glo jy in: Laat God’s water oor God’s akker loop?

    Hier het Hanna my nou weer saamgesleep Kaap toe, kamstig om na die profeet van Nigerië af te luister en sodat hy vir my kan bid. Ek weet dat sy ‘n ander agenda ook het al het ek haar gewaarsku die eerste dag wat sy aan my deur kom klop het en haar vinger in my gesig gedruk het.

    Hoor hier. Het sy gesê. Ek kry jou nie uit my kop uit nie en jy pla my.

    Ek wou lag, ek het dadelik geweet wat sy wou sê. Toe ek haar die vorige aand ontmoet het was dit so duidelik aan haar te lees en ek het geweet wat gaan kom.

    Kan vrouens dan nie verstaan dat ek hulle nie wil hê nie. Die Here het my anders gemaak en my pa was die instrument. Dit help nie eers om weer te probeer om normaal te wees nie.

    Maande lank sukkel ek al met haar maar sy wil nie luister nie. Sy het geweet van my nog voor ons ontmoet het want in hierdie dorpie is almal mos verslaggewers. Nou staan sy elke liewe dag op my drumpel. Kom by my huis in en maak haarself tuis! So asof sy daar hoort! Dan skielik is daar nie meer spasie in die huis nie en alles voel te veel en te vol!

    Ek trap op iets skerp en dink dat dit ‘n bloublasie is wat my steek. Voet in die lug huppel-huppel sien ek net ‘n skerp afgebreekte skulpie. Ek buk en met die optel daarvan sien ek daar is nog ‘n stukkie mossel wat so half vassit en afgebreek is.

    Wat het in jou lewe gebeur?

    Ek draai dit in die rondte en bekyk dit van alle kante.

    Jy is reg in die middel afgebreek. Het ‘n mens op jou ook getrap en verwoes of was jy net teen die rotse stukkend gegooi soos ek?

    Ek wil die verlede uitwurg en weggooi soos ‘n mens ‘n asblik leegmaak. Jy maak hom leeg, gooi die gemors op die ashoop en laat die aarde dit verteer en insluk, weer kompos maak om nuwe goeie lewe te kan skep. Maar hoekom dan? As dit dalk weer net wanhoop en verwoesting gaan veroorsaak? Hoekom word lewe geskep as dit toegelaat word dat die doen en late van ‘n ander dit in

    ‘n oogwink kan verander en vertrap?

    Saggies sit ek die skulpie weer terug op die strand.

    Die pyn in my bors brand erg maar ek kan nie huil nie. Dit voel of ek weer langs my ma se graf staan waar die skok van haar dood rou in my keel gesit het.

    "Mammie, ek is lief vir jou en wens jy was hier. Jammer oor al die dinge wat ek verkeerd gedoen het en dat ek nooit die seun was wat Mammie wou hê nie.

    "Ek sê dit saggies. Net die meeue en die wind hoor my.

    My pa is die een wat sy saad gestort het om my te skep. Hy, die man wat my vriend en vertroueling moes gewees het. Hy moes my leier wees, die een wat daar is wanneer ek val en huil. Hy moes daar wees wanneer die lewe my boelie en seermaak.

    Instede het hy gevat, verwoes en gebreek. Geskep en vermoor.

    ‘n Baie wrede mens en so dominerend dat ek te bang was om ‘n geluid te maak wanneer hy in die huis was. Ek het die heeltyd oor my skouer gekyk, te bang om iets te doen wat hom sou ontstel.

    Wanneer hy my roep het dit gevoel of my bene ingee en my hart wil gaan staan. Ek mag nie ge-aarsel het nie want anders was die hel los…hy sou net eenkeer roep en as jy nie reageer nie.......

    Ek sal altyd die dagga reuk onthou wat aan hom geklou het met soet walms wat gemeng het met sy sweet. Sy oë was altyd snaaks want hy en sy vriende het pille ook gerook deur bottelnekke wat hulle afgebreek het. Sy oë was altyd rooi en dit het hom baie soos ‘n demoon laat lyk.

    Die kamerdeur wat hy elke keer toesluit wanneer hy en sy vriende daarbinne is. Al wie mag ingegaan het, was Mamma, ook net wanneer hulle wou kos hê of nog drank. Wanneer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1