Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

God hoor die gebed van ‘n Mamma
God hoor die gebed van ‘n Mamma
God hoor die gebed van ‘n Mamma
Ebook69 pages2 hours

God hoor die gebed van ‘n Mamma

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Vind nuwe krag en moed in jou uur van storm en nood. Hoor God se stem wanneer die stilte van jou omstandighede, jou wil verdoof! Mellisa du Toit, ma van twee seuns, onderwyser, pastoor en motivering spreker, getuig dat God die gebed van elke ouer hoor. ‘n Doodgewone vrou, vertel ‘n ongewone verhaal, van wanhoop en oorwinning, nadat n verlammende siekte- Transvers Miëlitis, haar oudste seun verlam en sonder hoop agter gelaat het. Sy deel oomblikke van desperasie en getuig van God se trou en almag. Stap saam met haar die pad van storms en ervaar, hoe God ook jou anker, in ‘n see van wanhoop kan wees.

LanguageEnglish
Release dateJan 20, 2017
ISBN9780620704502
God hoor die gebed van ‘n Mamma

Related to God hoor die gebed van ‘n Mamma

Related ebooks

Self-Improvement For You

View More

Related articles

Reviews for God hoor die gebed van ‘n Mamma

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    God hoor die gebed van ‘n Mamma - Mellisa du Toit

    God hoor die gebed van

    ‘n Mamma

    God hoor die gebed van

    ‘n Mamma

    Mellisa du Toit

    Kopiereg © 2016 Mellisa du Toit

    Published by Mellisa du Toit Publishing at Smashwords

    Eerste uitgawe 2016

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of band opname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring, sonder die toestemming van die kopiereg houer.

    Die skrywer het alles moontlik probeer om die feite subjektief korrek weer te gee soos dit plaas gevind het. Daar is soms van skuil name gebruik om persone se identiteit te beskerm. As persone hulle situasies identifiseer en voel hulle is verkeerdelik, onwederregtelik of onregverdig aan gehaal en of benadeel, sal die skrywer dit so gou as moontlik reg stel.

    Inhoud

    Agtergrond

    Ek droom oor jou my kind

    Môre kom nie met ʼn waarborg nie…

    Wie se skuld is dit?

    Hierdie geveg sal ek nie verloor nie

    My seun jy moet aanhou!

    Stormwinde bring die uitkoms

    Omdat ek op Hom hoop…

    God se horlosie het gaan staan…

    Solank daar lewe is, is daar hoop.

    Hou jou oog op God en die drome in jou hart…

    Soms wonder jy hoe het jy, op hierdie trein gekom

    Tou opgooi, is nie ʼn opsie nie...

    Agtergrond

    Waar begin ʼn mens met ʼn storie, as dit ʼn storie is, van seerkry? Ek dink God het ʼn mens sterk genoeg gemaak, om jou eie eina’s te dra en daar waar die pyn te groot word, kan ons dit voor ons Vader se voete gaan plaas. By Hom kry ons weer nuwe krag en moed, om die storms van die lewe te trotseer.

    Stap jou kind, egter in ʼn storm in en jy moet toe kyk, hoe hy gewond word, word sy pyn, jou pyn! ʼn Dubbele seer! Jy huil vir jou kind en jou hele menswees pleit en roep, na God, om hom die seer te spaar!

    Transverse Miëlitis

    22 Junie 2013 - My oudste seun – 18 jaar oud, in sy Matriekjaar, doen Transverse Miëlitis op. Binne 24 uur verander ʼn sterk jongman, in ʼn baie siek seun. Hy kan nie sy arms beweeg nie, en kan selfs nie alleen van die bed af, opstaan nie.

    Wat is Transverse Miëlitis

    Pasiënte met ʼn Outo Immuniteit siekte, wat nie gou genoeg behandel word nie, kan moontlik heeltemal verlam raak. Transverse Miëlitis word veroorsaak, deur inflammasie van die rugmurg en die Miëlienskede van die senuwees word beskadig of vernietig. Die toestand lei tot vinnige sensoriese en motoriese verlies.

    Simptome

    Skerp pyne in die lae rug

    Swakheid in die ledemate, soos ʼn voet wat begin sleep

    ʼn Tintelende gevoel of gevoelloosheid en skerp pyne in die bene

    Verminderde temperatuur sensasie

    Uiterste sensitiwiteit vir aanraking van die lae rug

    Verlies van blaas beheer

    Afhangende van die vlak van die rugmurg letsel, word die arms van sommige mense ook aangetas

    Soms ʼn onvermoë, om sonder hulp asem te haal, deurdat die diafragma verlam raak

    Sowat 50% van alle pasiënte verloor alle beenbeweging

    Verlies van rugmurg funksie

    Verlamming van rug-en skouergordel

    Verlamming van arms

    Verlamming van nekspiere, wat lei tot ʼn kop wat hang.

    Ek droom oor jou my kind

    Dit is soos gister, toe ek jou die eerste keer vasgehou het. Jy het my vingers styf vas gehou, terwyl jy soekend gehap het, na die veiligheid van my bors. Daar was jy veilig en ek het verder gedroom aan my droom vir jou.

    Ek loop saam met jou op die grootpad van die lewe. Abba jou daar, waar die opdraand te styl is vir jou. Ek leer jou van opstaan, na val. Droog jou trane af en beskerm jou teen die goeters onder die bed. My drome dra jou uit wegspringblokke en hardloop saam, oor wenstrepe en verby wenpale. Ons kuier-kuier saam deur laerskool dae. My hart bars van trots elke keer, as jy met nog ʼn oorwinning, skaam-skaam na my draai, vir goedkeuring.

    Jou eerste hoërskool liefde bring my by die besef, dat jy stadig van my skoot afgeklim het en tree vir tree jou eie pad begin stap. My krulkop seuntjie word ʼn jong man, wat regop, fier en kop omhoog, die wêreld vol in die oë wil kyk.

    Highly Blessed and highly favoured are thee

    Die horison blink, jou toekoms roep en my droom vir jou, word ʼn tasbare werklikheid! In een oomblik kom die noodlot en steel my droom oor jou. Hy los jou stukkend op die grond en klein flentertjies van drome, lê vaal onder die stof van ʼn storm!

    My kind gee sy eerste tree op ʼn woestynpad. ʼn Pad van veg-veg, om die stukkies weer bymekaar te kry. Ek kyk na jou en sien jou pyn. Ek worstel saam met jou, oor die onsekerheid van more. Die mamma in my wil jou beskerm, vashou en weghou van die goeters onder die bed.

    "My seun, more kon nie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1