Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Lewe Las of Lus
Lewe Las of Lus
Lewe Las of Lus
Ebook194 pages5 hours

Lewe Las of Lus

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dr Brenda Hattingh was born and bred in South Africa. As a professional leadership
coach and mentor, and a registered psychologist, she facilitates change and
transformation in individuals, businesses, companies and organizations. She uses
her experience and skills to tap personal and organizational potential, in order to
develop new and innovative strategies, which include Power Intelligence, New
Success DNA, and new Leadership DNA. She is also an international inspirational
speaker. Brenda is committed to the development of a new generation of successful,
innovative, and inspired thinkers and leaders - people with a New Success DNA. She
presents workshops nationally and internationally, lectures at various universities, and
has published various books. Brenda is the recipient of various awards, including the
prestigious Professional Business Woman of the Year Award.
LanguageEnglish
PublisherXlibris UK
Release dateOct 31, 2011
ISBN9781465373380
Lewe Las of Lus
Author

Dr Brenda Hattingh

Dr Brenda Hattingh was born and bred in South Africa. As a professional leadership coach and mentor, and a registered psychologist, she facilitates change and transformation in individuals, businesses, companies and organizations. She uses her experience and skills to tap personal and organizational potential, in order to develop new and innovative strategies, which include Power Intelligence®, New Success DNA, and new Leadership DNA. She is also an international inspirational speaker. Brenda is committed to the development of a new generation of successful, innovative, and inspired thinkers and leaders - people with a New Success DNA. She presents workshops nationally and internationally, lectures at various universities, and has published various books. Brenda is the recipient of various awards, including the prestigious Professional Business Woman of the Year Award.

Related to Lewe Las of Lus

Related ebooks

Self-Improvement For You

View More

Related articles

Reviews for Lewe Las of Lus

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Lewe Las of Lus - Dr Brenda Hattingh

    Copyright © 2011 by Dr Brenda Hattingh.

    Library of Congress Control Number:              2011918494

    ISBN:                       Harde band                      978-1-4653-7337-3

                                    Sagte band                       978-1-4653-7336-6

                                     eboek                               978-1-4653-7338-0

    Kopiereg voorbehou © Dr Brenda Hattingh

    Die reg van Dr Brenda Hattingh as outeur van hierdie werk is vasgestel in ooreenstemming met die Wet op Kopiereg, Ontwerp en Patente 1998.

    Outeursreg. Geen deel van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ’n datasentrum gestoor of in enige vorm deur enige medium van opname gedupliseer word sonder die vooraf skriftelike toestemming van die outeur nie, behalwe vir kort uittreksels en resensies.

    Eerste druk November 2011

    ISBN 978-0-620-48919-5

    Buiteblad ontwerp deur Zander Hattingh

    Proeflees deur Elizabeth du Toit

    Grafiese werk deur Gerhard Snyman

    info@gerart.co.za : www.gerart.co.za

    Uitgegee deur

    Xlibris. London.

    Sien ons:

    Webwerf: www.brendahattingh.com

    Webwef: www.powerintelligence.net

    Webwerf: www.newsuccessdna.com

    Epos: workshops@powerintelligence.net

    Hierdie boek is in die VSA gedruk

    Om nog kopiee te bestel, kontak:

    Xlibris Corporation

    0-800-644-6988

    www.XlibrisPublishing.co.uk

    Orders@XlibrisPublishing.co.uk

    302905

    INHOUDSOPGAWE

    DEEL 1 DIE LEWE—’N LAS

    HOOFSTUK 1 VERVEELDHEID EN STAGNERING

    HOOFSTUK 2 NEGATIWITEIT EN ONTEVREDENHEID

    HOOFSTUK 3 TWYFEL EN ONSEKERHEID

    HOOFSTUK 4 ONKUNDE

    HOOFSTUK 5 VREES

    DEEL 2 LEWE—’N LUS

    HOOFSTUK 6 DIE LEWE AS AVONTUUR

    HOOFSTUK 7 PRODUKTIWITEIT

    HOOFSTUK 8 VEILIGHEID EN SEKERHEID

    HOOFSTUK 9 LIEFDE EN BEGRIP

    HOOFSTUK 10 VRYHEID

    Hierdie boek word opgedra aan

    jong mense van alle ouderdomme

    . . . hulle wat kies om voluit te lewe…

    INLEIDING

    Ouderdom… ’n las of ’n lus?

    Die familie was baie bekommerd oor ouma San. Na oupa se dood het sy soos ’n enkel-stingel roos in die aftreeoord gesit en verlep. Haar lyf het inmekaar gekrimp en die nuwe kierie was nou ’n simbool vir die steunpilaar wat haar ontneem is. Snags het nagmerries soos honger wolwe haar slaap gesteel. Die groot donker wolk van depressie en negatiwiteit het ’n skadu oor haar eens liefdevolle menswees getrek. Kinders en kleinkinders het begin wegbly om die voortdurende aanslae van negatiwiteit en klagtes, vry te spring.

    Met ons eerste ontmoeting was dit opvallend hoe aanhoudend ouma San oor die omstandighede in die aftreeoord gekla het. Konflik, probleme, kommer en skinder-klieks was deel van die alledaagse agenda. Daar was selfs sprake van faksies wat teen mekaar in opstand was. Klagtes oor alles-en-nog-wat, sabotasie van projekte, negatiwiteit, siektes, skete, angs, vrees en bekommernis was alles deel van die milieu waarbinne hierdie seniorburgers hulle bestaan gevoer het. Ek luister aandagtig na haar storie en dink: Hoe kan dit waar wees? Hoe is dit moontlik dat sulke bevoorregte persone wat pragtige, luukse aftreeoorde en op die oog af, idilliese omstandighede kan bekostig, so ’n bestaan voer?

    Met ons volgende gesprek begin ek en ouma San na haar lewe kyk. Sy was ’n knap vrou, huisvrou en ma. Oupa was baie lief vir ouma en die kinders. Hy het goed vir hulle gesorg, die finansies hanteer en haar beskerm en gelei waar sy dit nodig gehad het. Met sy wegval was daar ’n groot leemte in haar lewe wat ook letsels op haar gesondheid gelaat het. Vir ouma was die lewe werklik ’n las.

    Ouma San het egter geglo dat daar iets is wat sy nog moet doen voordat sy oupa volg. Met vasberadenheid is die nuwe ontwerp vir haar lewe met altwee hande aangegryp en met die ywer van ’n jong bokkie het sy dit begin implementeer. Haar entoesiasme was aansteeklik. Kort voor lank ontvang ek ’n oproep van die suster wat vir drie verskillende afreeoorde verantwoordelik was. Sy kon nie uitgepraat raak oor hoe ouma verander het nie en selfs die ander bejaardes het agtergekom dat sy nie meer dieselfde mens is nie. Die inisiatief en projekte wat hieruit voortgespruit het, was verstommend. Nie alleen het ouma al die nuwe inligting vir haarself toegeëien nie, sy het ook werkswinkels in die afreeoorde begin reël en bemark. Dit het ook my oë vir ’n nuwe perspektief op die lewe, oopgemaak.

    ’n Rukkie later skakel dieselfde familie my. Ouma Lena, in ’n ander aftreeoord, het haar voet gebreek en is pal in die bed. Aangesien op 87 jaar, die voet nie aangegroei het nie moes dit geamputeer word en kan sy nie beweeg word nie. Ek word gevra om haar te besoek. Met die intrapslag in die aftreeoord het die mooi vrolik geverfde mure en helder gordyne die klein smal gangetjies opgekikker. Ek dink so by myself: Dit lyk heel goed hier. Nie te sleg om hier te kom aftree nie. Alles is goed versorg. Die personeel is vriendelik en hulpvaardig en alles lyk so skoon, netjies en vrolik. Is dit ’n stukkie hemel op jou oudag?

    Ek kry ouma Lena in die bed waar sy lekker in die sonnetjie lệ. Tot my skok tref ek egter stukkies nagmerries in die ander beddens ook in die kamer, aan. In een bed lệ ’n tante wat beroerte gehad het. Sy staar met oop dooie oë, soos ’n slagskaap wat om genade smeek, in die niet in. Ek probeer met haar praat maar daar is geen reaksie nie. Net die liggaam lewe, die siel is reeds dood. In die ander bed lệ ’n tannie en kerm. Kort-kort bulder sy ’n stroom van obsene woorde en vloeke stroom uit die maer verrimpelde lyfie soos ’n kraan wat oopgedraai is. Sy raas so dat ek en ouma mekaar skaars kan hoor.

    Al kan sy nie meer loop nie, vertel ouma Lena hoe sy graag nog iets vir die mensdom wil beteken. Sy vertel hoe sy vrede gemaak het met haar lewe en ook naderende dood. Die lig in haar oë vertel van ’n vreugdevolle vervulde lewe met geen berou nie. Ons praat oor dood en hoe ’n mens doodgaan, wat aan die anderkant lệ en hoe ons daar kom. Ons stem altwee saam dat die dood ’n wonderlike ervaring sal wees en ook geen angel het nie. Sy herhaal en herhaal dat sy nog iets sinvols moet doen voor sy moet vertrek. Ek vra haar om vir die wêreld en sy mense, ons land en sy mense en ook vir my, te bid. Ons het haar nodig—net hier waar sy lệ. Ek vertel haar hoe moeilik dit daar buite is om ’n nuwe land te ploeg en die goeie saad te saai en hoe ons al die hulp nodig het wat ons kan kry. Die blink in haar oë wys dat sy verstaan.

    Ongelukkig word hierdie positiewe gesprek onderbreek deur ’n konstante geskel uit die ander bed. Ek besluit om met die ou tante te gaan praat met die hoop om haar te bedaar en kom agter dat sy wel ’n heel nugter en intelligente gesprek kan voer. Sy vertel dat sy net een dogter het wat in die buiteland woon en dat almal haar verwerp het. Sy is alleen, eensaam, siek en verstote en vervloek almal, veral vir God. Sy glo God en die mens het dit aan haar gedoen. Die suster lig my later in dat die familie ’n psigiater gekry het om medikasie voor te skryf. Later sal hulle haar in ’n enkelkamer plaas waar sy niemand kan beïnvloed nie.

    Dis opvallend hoe hierdie verwese ou siel ’n psigiatriese etiket kry, met medikasie behandel word terwyl sy nog verder afgesonder word om ander mense teen haar negatiwiteit te beskerm. ’n Mens kan aflei dat in isolasie sy net meer en meer sal vloek en skel, medikasie ontvang, rustig word en die proses herhaal wanneer die medikasie uitgewerk is. Indien ’n wonderwerk nie plaasvind nie, sal sy so doodgaan. Met die uitstap uit die aftreeoord neem ek toevallig ’n verkeerde gang en beland in die afdeling vir verswakte bejaardes. Hier lê ’n paar sterwende oues en roggel en ek wonder… is dit hoe die hel lyk? Dit laat my onwillekeurig terugdink aan ma Selina.

    MA SELINA

    Selina het haar hele lewe lank haar groentestalletjie op ’n besige straathoek in Soshanguve bedryf. Sy en Samuel, haar man, het as tieners saam hier begin. Met die geldjie wat hulle verdien het, het hulle die gesin aan die gang gehou. Ses maande na die geboorte van hul derde kind, is Samuel in ’n busongeluk dood. Dit was moeilike dae. Nie alleen het Selina se velkleur teen haar getel nie, sy was ook ongeletterd. Sy het egter besluit om die beste van die saak te maak. Die belangrikste dinge was om haar drie kinders te versorg en geleerd te kry. Die drie kinders het hulle moeder se visie en passie vir oorlewing, groei en ontwikkeling gedeel. Hulle het met die minste klaargekom en hard op skool gewerk. Wanneer Selina nie die groentestalletjie kon behartig nie, het hulle om die beurt van die skool af weggebly net om ’n bord kos op die tafel te verseker. Hulle is ook gespot en geterg as dit hulle beurt was om tamaties in die gevlegte groen plastiek sakke aan verbygangers te smous.

    So het die jare verbygegaan. Selina het haarself leer lees en skryf. Die gedwonge noodsaaklikheid om haar groentestalletjie aan die gang te hou het haar sakevernuf laat blom. Haar vermoë om sorgvuldig met geld te werk het meegebring dat sy vir haarself en die kinders van basiese noodsaaklikhede kon voorsien. Sy was vasbeslote dat haar kinders ’n goeie opvoeding en kwaliteit onderwys sou ontvang. Die oudste seun is nou ’n skoolhoof, die tweede het ’n B.Com.-graad verwerf en die jongste is nog besig met verdere studie in verpleegkunde. Daar was baie harde dae. Hulle was sonder vader en broodwinner, sonder water, elektrisiteit, vervoer, verblyf, kos en klere. Daar was geen mediese fonds, pensioenskema, versekering, spaarrekening, gesubsidieerde staatskole, studiebeurse, aftreedatums, aftreeoorde en menige ander luukshede nie. Selina was nog nooit met vakansie nie en het nog nooit die see of die blomme in Namakwaland gesien nie.

    Selina is ’n paar maande gelede op dieselfde straathoek op die ouderdom van 83 aan ’n hartaanval dood. Haar gemeenskap het haar as die grootmoeder of ma Selina gesien. Sy het ’n vol, sinvolle produktiewe lewe gehad, respek afgedwing en die liefde van haar drie suksesvolle kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gehad. Vir Selina was die lewe ’n lus en so in haar dienslewering is sy—op haar pos—weggeneem.

    GROOTOUERS SE NALATENSKAP

    Intussen het ouma San besluit dat die ander bejaardes ingelig moet word dat daar wel ’n ander soort lewe buite die mure van bejaardheid en aftreeoorde bestaan en praatjies is by drie verskillende aftreeoorde gereël. Die aand voor die eerste optrede, wonder ek wat om die volgende dag vir hierdie bejaardes te sê. Deur die jare het ek baie opgetree en daar het duisende gedagtes rondom die titel van die praatjie Lewe—lus of las, deur my kop gemaal. My kontak en ervarings met bejaardes en aftreeoorde was tot dusver nie bemoedigend nie. Al wat ek kon aflei is dat indien jy nie ontwikkel, groei en verander nie, stagneer en disintegreer jy. Jy word oud soos jy gelewe het. As jou menswees en lewe negatief en destruktief was, sal jy moeilik en destruktief oud word en doodgaan. As jy ’n opbouende, vervullende positiewe lewe gelei het sal jy ’n vervulde oudag tegemoet gaan en in vrede kan doodgaan.

    Vrae het by my opgekom dat indien ’n persoon ’n negatiewe, stukkende, onvervulde lewe gelei het en tot dusver niks daaraan gedoen het nie, kan hulle nog op hul oudag en met die tyd wat nog oor was omdraai en hulle lewe van ’n las na ’n lus verander? Die Engelse gesegde: "You can’t learn an old dog new tricks—is dit waar? Was dit werklik die moeite werd om tyd en aandag aan mense te bestee wat sit en wag om dood te gaan? Word hierdie praatjies wat gereël word nie net weer ’n tydverdryf om leë ure vol te maak of die bejaardes te onthaal nie? Hoeveel van hulle is nie reeds in hart, siel en gees afgetree" en in wese dood nie? Moet ek nie eerder my energie belê in diegene wat werklik nog lus het vir die uitdagings van die lewe nie?

    In die middel van die nag maak ek deur die slaap ’n paar krabbelnotas in die boek langs my bed. Meer as twintig jaar al word boodskappe, gedagtes en antwoorde deur die nag hierin opgeskryf. Tot my verbasing vind ek die volgende oggend dat die hele praatjie puntsgewys reeds uitgewerk was. Daar is vyf dinge wat die lewe ’n las maak en vyf dinge wat die lewe ’n lus maak. Jy kan kies hoe en wanneer jy dit wil implementeer. Ouderdom het niks daarmee te doen nie. Jou kwaliteit lewe soos jou kwaliteit dood, is ’n keuse—’n lus of ’n las!

    0ooo0ooo0

    DANK EN WAARDERING

    Hierdie boek is nooit bewustelik beplan nie. Dit is een van daardie dinge wat gebeur en waaroor jy nie kan stilbly nie. Daarom—my diepe dank en waardering aan almal wat bewustelik en onbewustelik tot die inhoud bygedra het. Ek het met ander oë na mense, gebeure en die lewe in die algemeen begin kyk en die lewe deur nuwe oë ontdek. Mense soos die oumas, oom Thys en tannie Liena, oom Sarel en tannie Marie, Samuel, my kleinkinders Divan en Dané en ook René, van wie ons meer in die laaste hoofstukke leer, het op hulle besondere manier die skryf van hierdie boek geïnspireer. Elkeen se besondere bydrae het ook tot my persoonlike lewenskwaliteit bygedra.

    My innige dank en waardering aan Elizabeth du Toit vir haar sorgvuldige taalversorging, vir Gerhard Snyman vir die grafiese ontwerpe en Zander Hattingh vir die ontwerp van die buiteblad en vir Rhea Villacarlos van die uigewers Xlibris, vir haar sorgvuldige en professionele hantering van die manuskrip. Aan my vriende en vriendinne, my opregte dank en waardering vir volgehoue bemoediging en motivering. Dit is veral nodig om my geestelike leiers, Meesters en mentors, opreg te bedank. Sonder hulle leiding en ondersteuning sou hierdie boek nie die lig gesien het nie. Aan almal wat bewustelik en onbewustelik bygedra het, ook my innige dank en waardering.

    Oooo0oooO

    HIERDIE BOEK IS GESKRYF VIR…

    Die boek is vir oud en jonk geskryf. Vir jongmense. Ek hoop dit help hulle om bewus te word dat ons nou ten volle moet lewe. Jy kry ’n geleentheid om dit nou reg te doen. Hoe ouer jy word hoe moeiliker word dit. Kwaliteit lewe is iets wat jy van jongs af reeds kies en moet beplan. Vir diegene wat al meer gevorderd in jare is, hoop ek die inhoud sal ’n nuwe perspektief bring met ’n besef dat dit nooit te laat is om jou lewenskwaliteit te verander en die maksimum uit die lewe te haal nie.

    Daar is twee dele. In die eerste deel word die vyf stappe wat die lewe ’n las maak beskryf. In die tweede deel word die vyf stappe wat die lewe ’n lus maak—net soos ek dit die nag gekry het, uitgestippel. Name, plekke en insidente is verander om persone te beskerm. Enige persoonlike identifikasie is dus net toevallig. Die boodskappe is egter eg en kom uit ons alledaagse lewe.

    Jy hoef jou nie eers in moeilike omstandighede of op jou oudag in ’n siekeboeg te bevind nie, voordat jy die keuse vir lewenskwaliteit maak. Oud en jonk kan nou besluit om hulle eie lewe om te draai en kwaliteit lewe te skep wat almal verdien en behoort te hê. Lees verder en besluit self. Jy kan ongeag jou omstandighede, ouderdom, geslag, taal, kultuur of ouderdom, ’n lewe skep wat vervullend en vol geluk, liefde en voorspoed is. Jy kan kies om die las in ’n lus om te keer. Nie môre nie maar nou!

    Hierdie boek is deel van die nalatenskap van grootouers soos ouma San, ouma

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1