Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies
Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies
Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies
Ebook230 pages5 hours

Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Toe Prof. Jonathan Jansen 'n kind was, het sy ma 'n spreekwoord gehad wat hom bygebly het: My kind, bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies, al lyk dit baie dieselfde. Moet nooit die twee deurmekaar kry nie.
LanguageEnglish
PublisherBookstorm
Release dateMay 1, 2011
ISBN9781920434748
Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies
Author

Jonathan Jansen

Prof Jonathan Jansen is a leading South African educationist, commentator and the author of several books including the best-selling 'Letters to My Children'. He is the former vice-chancellor of the University of the Free State, where he earned a reputation for transformation and a deep commitment to reconciliation. He is married with two children.

Read more from Jonathan Jansen

Related to Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies

Related ebooks

Discrimination & Race Relations For You

View More

Related articles

Reviews for Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies - Jonathan Jansen

    Versoeningsnagte

    INLEIDING

    Die reënboog in die reën

    I trace the rainbow in the rain and know the promise is not vain. GEORGE MATHESON, 1882

    Die boodskap op my Facebook-bladsy was hartverskeurend. Professor Jansen, sê asseblief iets vir ons mense in Lindley wat ons hoop sal gee. Ek het nie die vrou geken wat vanaf hierdie landelike dorp in die Oos-Vrystaat met my gekorrespondeer het nie – dis wat gebeur as mens al die versoeke vir vriende aanvaar wat op hierdie sosiale netwerk genaamd Facebook aan jou gerig word. Hoewel die vrou vir my ’n vreemdeling was, was die konteks van haar desperate versoek nie onbekend nie. Net die dag tevore het ’n bende mans die Potgietergesin en hul dogtertjie Willemien wreed vermoor.

    Pleks dat daar na dieperliggende antwoorde gesoek is, soos hoe soiets ooit kon gebeur het, het die bespiegelings gerieflikheidshalwe om rasseverhoudings gedraai. Die probleem met so ’n benadering is dat ’n identiese moord op min of meer dieselfde tyd naby Mariannhill gepleeg is, toe ’n swart gesin met kleuters se woning deur swart mede-Suid-Afrikaners aan die brand gesteek is en hulle in die vlamme gesterf het. Dat daar oor die verskynsel van willekeurige en uiterste vorme van geweld besin moet word, is egter duidelik. Inderdaad, hoe kan dit so gereeld, so intens en so blindweg oral in die land gebeur? Meer as ooit tevore sal ons moet praat oor die reën en die reënboog, die pyn en die hoop.

    Die afgelope agtien maande het ek juis dit gedoen – oral in ons geliefde land gereis en gesels met landbouers, plaasarbeiders, plattelandse studente, stedelike studente, wit en swart burgers, ryk en arm, oud en jonk, Moslems en Jode, Christene en ateïste, diegene wat kwaad is en diegene wat tevrede is … trouens, met enigiemand wat wou luister of praat. Die amptelike doel met hierdie besoeke was om die universiteit te verteenwoordig, sy beeld in die breë gemeenskap op te bou, die vertroue van oudstudente terug te wen en toekomstige studente te werf. Die doelwit oor die langer termyn was egter om hierdie wonderlike dog vreeslike land van ons te verstaan, en om op grond hiervan ’n deeltjie by te dra tot sy transformasie ná die ramp van apartheid.

    Ek het nie net gepraat nie, maar ook waargeneem en gesien hoe mense op krisisse reageer en hoe hul alledaagse lewe ontvou – vanaf plattelandse dorpies wat deur die politici vergeet is, en waarvan die vernaamste ekonomiese aktiwiteit die drankwinkel is (wat ook die slaghuis is), tot ’n gesofistikeerde geselskap van uitvoerende amptenare van die aandelebeurs, waar ons eet in ’n deftige vertrek wat oor ’n skilderagtige nagtoneel in Johannesburg uitkyk. Ek het in Douglas saam met laerskoolkinders op die grond gesit, en saam met die adjunkpresident van die land in ’n universiteitswagkamer vertoef voordat ons as sprekers sou optree. Ek het opgelet hoe blanke kassiere op my lawwe versoeke in die winkel reageer, soos of daar enige afslag vir swart mense is. Ek het ook die kommer op ’n swart vriendin se gesig gesien toe sy hoor my dogter het ’n kêrel: Is hy swart? En toe ek huiwer (ek meen, hoekom moes sy kleur belangrik wees?), vervolg sy: Wat is sy naam?

    Niks is meer onthullend as wanneer mens met duisende hoërskoolleerlinge oor die hele land praat nie. Daar is ’n bepaalde lewendigheid en openheid vir die toekoms te bespeur, asook ’n begeerte om meer hoop te hê oor die soort land wat Suid-Afrika kan wees. Hierdie jongmense is sonder uitsondering moeg om van die sondes van hul vaders en moeders te hoor. Hulle is geskok en moedeloos oor wat hulle beskou as die ontaarding of degradasie van die samelewing deur die politieke jeug, naamlik daardie boewe wat in partypolitieke gewaad skuil en onder die dekmantel van jeugfeesvieringe aan alle jongmense ’n slegte naam gee. Die energie, dryfkrag en optimisme van die jeug het die stukrag verleen aan baie van die verhale wat week na week in die rubriek in Die Burger verskyn het, en hier herdruk word.

    Wat my egter die meeste geraak het, is die gewone Suid-Afrikaners wat ver onder die radarskerm van die hoofstroommedia leef. Hierdie is die sout van die aarde mense, hardwerkende landsburgers wat hul brood in die sweet van hul kollektiewe aangesig eet. Hulle is die enkelouerma’s wat deur wispelturige mans verlaat is, en tog die moed en middele vind om hulle kinders op skool te hou. Dis die ma’s wat gesinne ten spyte van geweldige druk daarbuite saamgevoeg hou, en wel op grond van ’n groepie kernwaardes, soos die deugde van harde werk, die belangrikheid van respek, die nodigheid vir dissipline en die onontbeerlikheid van geloof.

    Hierdie moeders word in townships en in stede gevind en hul kinders is maklik herkenbaar. Dit is die kinders wat miskien elke dag dieselfde klere dra, maar die klere is skoon en daar is nie ’n knoop kort nie, al verskil die knope dalk in grootte en kleur. Dis die mense wat die dun draadjies van die wese van die samelewing bymekaar hou met min of selfs geen hulp van die juweelbelaaide pasrykes nie, wat nuutgevonde statusposisies en mag in die regering en handel beset.

    Dit beteken nie dat ek uitspattighede ignoreer nie. Halfnaak mans en vroue wat kos van mekaar se swart rûe opslurp, bring vrae na vore oor die vlak van verdorwenheid in een van die mees ongelyke lande op hierdie planeet. Ek vind dit ongelooflik dat die nasionale lotery R40 miljoen rand aan ’n groep jongelinge gee wat nie eens die finansiële, organisatoriese of sosiale bevoegdheid het om ’n spaza-winkel te bedryf nie, en dan wonder hoekom hierdie samekoms van sosialiste in wanorde verval.

    Dis vir my duidelik dat daar nie staatsdiens in ons land bestaan nie. Vir die meeste amptenare is ’n regeringspos eenvoudig ’n saak van persoonlike verryking en politieke egoïsme, en nooit van diens aan die publiek nie. Ek dink baie daaroor na hoe ons voormalige helde die struggle op ’n verhewe platform van etiek en moraliteit gestry het, en ter wille van ons vryheid hul lewens en gesinne op die spel geplaas het. Hoe kan hulle nou aan die verstommendste besluite deelneem, soos om die Dalai Lama toegang tot die land te weier; die vigsbeleid te ondersteun van ’n president wat miljoene van die armstes onder ons onnodiglik laat ly en sterf het; en stemme in die Verenigde Nasies teen bekende tiranne van Birma tot Zimbabwe te veto? Waar is ons land se morele bewussyn heen?

    Van die verhale in hierdie boek spreek van my fassinasie met woede – waarom is Suid-Afrikaners so kwaad? Ons betoog nie net nie, ons verniel ook en steek aan die brand; ons gooi vullisblikke om en slaan mekaar disnis met stoele by politieke veldtogte; ons dreig – ja, en moor – en ons beswadder en breek mekaar af. Woedende soldate val die Uniegebou aan, waar hul opperbevelhebber gesetel is. Waar kom hierdie diepgewortelde gramskap vandaan? Waarom is ons so geneig tot selfontbranding? Soos ek hiermee probeer aantoon, kom die woede van iewers diep binne onsself en ons verlede. Dis iets wat ’n verduideliking verg, want om ons is armer lande wat ’n meer brutale koloniale geskiedenis gehad het, maar niks kom by die woede en brutaliteit van die burgers van die reënboognasie nie.

    Wat is dus besig om te gebeur? Daar is ten minste drie redes vir hierdie uiterste woede, geweld en brutaliteit in ons samelewing.

    Eerstens, ons is moontlik meer getraumatiseer as wat ons dink. Ons het nie herstel van die langdurigheid en intensiteit van die brutaliteit van apartheid nie. Ons was die laaste land in postkoloniale Afrika om vryheid en demokrasie te smaak. Die duurte van kolonialisme en apartheid oor eeue heen het ons van ons waardigheid en baie van ons menslikheid gestroop. Dink terug aan blanke polisielede wat met hul knuppels aan volwasse swart mans onder storte se skaamdele tik net omdat hulle nie ’n pasboek in hul geboorteland dra nie. Dink terug aan die stelselmatige teistering van gesinne, nag na nag, jaar na jaar, dekade na dekade, en mens begin ’n indruk kry van die duurte, maar ook die intensiteit van die onmenslikheid. ’n Waarheid- en Versoeningskommissie (WVK) sou nie hierdie skade totaal ontdaan kon maak nie; ons het ook ’n nasionale trauma-eenheid nodig.

    Tweedens, ons het die brutaliteit wat ons moes verduur, geïnternaliseer. Dit is net moontlik om mense in brandstofgevulde buitebande te verbrand as die persoon wat die misdaad pleeg sy of haar eie menslikheid iewers tevore verloor het. Dit is nie net ’n reaksie op die geweld en skending van die menslike gees nie, maar ook die internalisering van daardie skending en geweld. Ingevolge hierdie stryd het ons soos hulle geword. Dit is waarom ek oor en oor sê dat die enigste manier waarop ons uit hierdie gemors gaan kom, is om saam daaruit te kom. Tans berus die gronde vir samewerking ongelukkig op die aanname dat die hoogste morele posisie aan die suiwer, egte swart slagoffer behoort, wat materiële en simboliese aanspraak het op die onsuiwere, onegte wit skuldenaar. Dit is egter ’n resep vir die onderlinge uitwissing van medebewoners van ’n gemeenskaplike geografiese ruimte, en van die onderlinge lasdraers van ’n ineengeweefde trauma.

    Derdens, ons het nie genoeg gerou nie. Die Cipriese geleerde en humanis, Michalinos Zembylas, praat van die noodsaaklikheid daarvan dat die slagoffers van vroeëre konflikte, soos die Griekse en Turkse Cipriote, moet kan rou. Vir baie kulture, veral dié in Afrika, is dit noodsaaklik om rou te bedryf en lê dit ten grondslag aan die herstel en transformasie van sowel individue as die samelewing. Ons het nie gerou nie en waar ons dit wel gedoen het, was dit nie voldoende nie. Ons het haastig deel geword van die gejaagde WVK-proses, met die hoop dat alles onthul sal word en ons met die rouproses kan begin. Te veel mense soek steeds na antwoorde op die martelings, moorde en verdwynings. Ons het emosionele sluiting afgeforseer voordat diegene wat gely het, daarvoor gereed was. Ons het gewone mense aangespoor om soos ’n reënboognasie te dink, terwyl hulle nog net die reën om hulle kon sien.

    Daar is net een weg uit hierdie morele en politiese moeras. Ons moet praat – in kerke, moskees, tempels en sinagoges; in skole en universiteite; in die regering en die burgerlike samelewing; in gesinne en sportklubs; in taxi’s en op busse en treine. Ons moet oor ons kwellings praat. Te veel Suid-Afrikaners neurie die woorde van daardie Negergesang, "Nobody knows the troubles I’ve seen". Dis die probleem – niemand weet nie.

    Dit was die bestaansrede vir die verskillende rubrieke in Die Burger en The Times. Dit was om harte en denke oop te breek, en die strategie hiervoor was eenvoudig. ’n Vriend het my gevra wat die geheim van ’n suksesvolle rubriekskrywer is. Ek het twee reëls voorgestel. Reël nommer een: ontstel altyd 50 persent van jou leserspubliek. Reël nommer twee: maak seker dis nie dieselfde 50 persent as die vorige week nie. Een van die pedagogiese tegnieke wat vir hierdie doel gebruik is, was om gekompliseerde dilemmas vir bespreking daar te stel. Die dilemmas moes uitdagend genoeg wees om dadelik reaksie te ontlok, maar ook subtiel genoeg om nadenke te verg. Neem as voorbeeld ’n onlangse inskrywing op my Facebookstatusbladsy, waarmee ek my etlike honderde, hoofsaaklik studentevriende by taai politieke kwessies wil betrek. Hier is dit:

    Ek het sopas teruggekeer van ’n ontstellende besoek aan die Nasionale Oorlogmuseum in Bloemfontein, voorheen die Anglo-Boereoorlogmuseum. Die oë van ’n sestienjarige Afrikanerseun bly by my spook. Johannes Petrus Coetzee is in 1901 deur die Engelse tereggestel omdat hy hom teen die Imperialistiese inval verset het. Hier is nou my vraag: moet hy dieselfde status as Solomon Mahlangu in die geskiedenis kry?

    Tog moet daar eers ’n paar dinge in plek wees alvorens produktiewe en hoopvolle gesprekke kan plaasvind.

    Om mee te begin, moet ons ons wedersydse pyn erken. So lank as wat die geskiedkundige narratief goeie swart slagoffers teenoor slegte wit oortreders stel, staan ons nie ’n kans om versoening en heropbou in die geliefde land te bevorder nie. Ek sien, voel en vrees daagliks die meedoënlose, eensydige, anti-wit narratief in die kringe waarin ek beweeg en, wat ook verontrustend is, veral onder jong swart Suid-Afrikaners. Dit is oor die lang termyn slegte nuus, tensy ons die verhaal oor die verlede en die visie vir die toekoms verander. Ons moet ons kinders vertel dat die apartheidsoortreders wit én swart was, en dat veelrassige solidariteit net so ’n werklikheid in die stryd teen apartheid was as die redelose onderdrukking deur ’n blanke minderheidsregering. En ook dat die geskiedenis meer ingewikkeld en ineengevleg is as wat ons ons nasate vertel, en dat dit sal moet verander.

    Swart woede en die vergeldingsdrang moet hanteer word. Ons moet in hierdie opsig ’n belangrike verskynsel herken, naamlik die rasse-etiket. Ek het al opgemerk dat die beskuldiging van rassisme dikwels niks te make het met ras of rassebeledigings nie. Wanneer die aanklag rassisme is, het die redes meestal regstreeks met ander dinge te make, soos onbevoegheid, armoede, swaarkry in die algemeen, ’n gevoel dat mens vasgekeer is in jou omstandighede, en ook blote luiheid. Dan moet daar om al hierdie redes ’n skuldige gevind word. Niks is meer gerieflik en ook meer verwoestend (vir die persoon wat beskuldig word) as die aantyging van rassisme teen ’n historiese vyand nie.

    Ons moet ook die kennisstrome hanteer wat boodskappe oor die verlede en toekoms in ons jongmense se verstand filtreer. Sowel formele as nieformele plekke van onderrig moet opdrag kry om verhale van wanhoop én hoop te vertel, van verdrukking én vryheid, van versoening én sosiale geregtigheid, van stryd én verantwoordelikheid, van regverdigheid én vergifnis, van etniese nasionalisme én nierassige solidariteit. Hierdie dubbele temas in die geskiedenis moet verweef wees in die wyse waarop ons ons verhale oordra. Vertellings van bitterheid en weerwraak herlaai die menslike geheue en herstel die moeë storielyn van wit vyande en swart slagoffers, en dis gevaarlik. Diegene wat weier om in hierdie strik te val, word lasterlik geëtiketteer as kokosneute, as teenrevolusionêre en (glo dit as jy wil of nie) as rassiste. Dit is ’n taktiek wat ontwerp is om diegene te intimideer en te verneder wat nie binne die voorskrifte van die ou rassenarratief wil bly nie.

    Ons moet dan die politieke taal hanteer, naamlik die boodskappe wat invloedryke burgers uitdra, en wat op kragtige wyses die houdings en gedrag van gewone burgers vorm. In arm lande met groot getalle ongeletterde mense rus daar ’n spesiale verantwoordelikheid op diegene wat politieke mag beklee, om waaksaam en versigtig te wees wanneer hulle rassetaal gebruik. ’n Suksesverhaal in hierdie verband is toe die regering met een stem en konsekwente taal hom teen xenofobie uitgespreek het, en die spanning geleidelik afgeneem het.

    ’n Katastrofiese verhaal van mislukking was toe die regering met opset gemengde boodskappe rondom MIV/ vigs en die doeltreffendheid van die geneesmiddels uitgedra het, en tienduisende sodoende na hul graf gestuur is. Wat die president, sy kabinet en al die politieke ampsdraers op al drie vlakke van die regering sê, maak ’n groot verskil op voetsoolvlak. Neem die denkbeeldige geval waar ’n Minister van Landbou die moorde van blanke landbouers en hul gesinne op plase en plotte minagtend afmaak met ’n stelling soos swart mense word ook daagliks vermoor. Sulke stellings sal rasseverhoudings meer skade aandoen as ’n eerlike, simpatieke respons in albei situasies.

    Wanneer ’n president aanhou sing bring my masjiengeweer mag dit inderdaad wonderlike herinneringe aan die struggle vir politiese swart mense inhou. Dit is egter, om eerlik te wees, uittartend duskant van die demokrasie. Dit wek rassewantroue en agterdog, en lê die grondslag vir rassevergelding wanneer die ekonomiese of politieke poppe dans. Verder ignoreer dit die feit dat swart mense nou aan bewind is. Dit is die gevaar wanneer mens nie oor die lang termyn dink nie – wanneer ons aanneem dat ons woorde onskuldig is, en eensydig is in ons viering van die geskiedenis en in ons perspektief

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1