Huisgenoot

DIE RAAISEL VAN MARIUS SE REPTIELE

AS EEN van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se senior inspekteurs het Reinet Meyer deur die jare baie dinge aanskou wat ander se maag sal laat draai. Wrede dinge. Eksentrieke dinge. Grillerige dinge.

Maar toe sy vroeër vandeesmaand, op Donderdag 4 April, versigtig in ’n onopvallende huis in ’n netjiese buurt van die Noord-Vrystaatse dorpie Hennenman instap, onseker wat presies op haar wag, het sy voor iets te staan gekom wat sy beskryf as “’n werklike skok”.

By die huis se voordeur was ’n kennisgewing aangebring met die woorde: “God is liefde”. Maar die realiteit binne dié huis was iets wat baie meer klink na ’n beskrywing van die verderf.

Die huis waarna sy ontbied is, was van buite skaflik genoeg. Nie spoggerig nie, maar ook nie bouvallig nie. Daar was ’n ysterkrokodil teen die sekuriteitshek en ’n paar blomme van metaal teen die muur om dinge op te vrolik.

Maar toe die deur oopkraak, was die eerste ding wat haar en diegene saam met haar opgeval het, die onheilspellende duisternis. Rakke en gordyne is voor vensters aangebring

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related