Huisgenoot

KYK, ONS JOK OOR NIKS

‘AS IEMAND MET MY KOM MOEILIKHEID SOEK, GAANHULLE TWEEDE KOM. EK GEE NIE OM WIE JY IS, HOEVEEL JULLE IS NIE. JY GAAN TWEEDE KOM’

DIE oprit van sy huis in Pretoria kon netsowel iets uit ’n toneel in ’n advertensie vir ’n Italiaanse modehuis gewees het. Dís hoe hy daar staan: Stoppelbaard. Rooi Gucci-sweetpak. Rooi Adidas-tekkies. Rolex styf aan sy arm.

En moenie eens vra of hy al dié blink dinge iewers op die onderste verdieping van ’n goedkoop plaaslike inkopiesentrum uitgesnuffel het nie. Álles wat Peet Viljoen dra en besit, is real.

Hy haat fakes, sê Peet. Dit geld vir handelsname en mense. Maar veral handelsname.

“As jy nie ’n Rolex kan bekostig nie, dan dra jy nie ’n horlosie nie.”

Hier binne die hoë grensmure van die Woodhill-landgoed in Pretoria se ooste – hier waar die mense weet van blink – is waar Peet en Mel Viljoen hul lewe saam gebou het en saans hul hoofde rustig op hul kussings neerlê.

Rustig, so hou hulle vol, ondanks die stories oor regseise wat na hulle geslinger word – dís nou as jy luister na berigte oor die grootbaas van die internasionale Tammy Taylor-naelryk wat die twee glo hof toe wil sleep vir miljoene dollars.

Rustig, want, as ’n mens Peet glo, ken hy nie vrees nie. Hy is komkommerkoel.

“As iemand met my kom moeilikheid soek, gaan hulle tweede kom,” sê hy op ’n kol terwyl vandag by hom en sy bekende vrou kuier. “Ek gee nie om wie jy is, hoeveel julle is nie. Jy gaan tweede kom; dis net hoe dit is. Wen is al wat ek ken.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Regte ‘Chemistry’ Én Op TV
Dié twee ken mekaar al dekades lank, tog was dit eers onlangs dat VINETTE EBRAHIM en CEDWYN JOEL sáám op stel beland het – en toe nie net vir een reeks nie, maar sommer twee. In die Showmax-dramareeks Koek speel Vinette en Cedwyn ’n ougetroude paartj
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related