Huisgenoot

DIE NAELS WYS

REEDS toe die eerste episodes uitgesaai is, het ’n mens gesien hier gaan die hare vlieg. Wanneer van die vroue aanbied om mekaar se botoksinspuitings te betaal, of kla dat ander te veel oor naels praat, voel jy deurgaans daar gaan enige oomblik ’n katgeveg losbars.

Maar min mense sou kon voorspel die grootste drama in Die Real Housewives van Pretoria gaan losbars nie net om die kop van een van die vroue nie, maar om ’n Housewife én haar man.

Peet Viljoen, die eggenoot van die Housewife Melany, oftewel Mel, staan beskuldig van meer misdrywe as wat party van die vroue skoene in hul instapklerekaste het. Van dié beskuldigings het al in die hof gaan draai, en die nasionale vervolgingsgesag sê die vervolging gaan voort.

Dan is daar die bewering dat hy ’n buffelagtige baas is wat al een van sy werknemers vir ’n “f***** bitch” uitgeskel het. Selfs mense wat nie die reeks kyk nie, sou teen dié tyd al in die nuus kon aflei dat Peet en Mel in die spervuur is oor hul sakeonderneming, Tammy Taylor Nails South Africa.

Onlangs is in die M-Net-program beweer die twee het nie meer ’n lisensie om sake te doen onder die naam van Tammy Taylor (’n sakevrou van Amerika) nie, maar dat hulle desondanks daarmee voortgaan. Boonop word beweer die akrielpoeiers en -mengsels wat hulle gebruik, is nie die “regte” Tammy Taylor-formule nie en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related