Landbouweekblad

Oase vergroen reg langs Namib

Besproeiing

Die suide van Namibië word meestal gekenmerk deur ’n dorre landskap en skrapse reën. Hoe verder ’n mens weswaarts ry, hoe droër word dit, totdat jy op die plaas Nuwerus wes van Maltahöhe beland, kwalik 30 km van die Namibwoestyn se rand.

Daar aangekom saam met Johnny Hanekom begroet lande lusern en lanings vrugtebome jou. Dit is ’n kontras ná die rit van 90 km van sy hoofplaas, Sandrucken, oos van Maltahöhe. En dit is net die begin.

Hy boer op 25 000 ha grond met 3 000 Meatmaster-ooie, terwyl hy ook Dorperkruisrasooie het. Die boerdery is gerig op produksieveilings en die verkoop van speenlammers. Benewens Sandrucken en Nuwerus boer Johnny ook op ander plase.

’n Boerdery op dié skaal, wat ook dadels en granate insluit, klink op die oog af nie moontlik nie, want dit is skaars 30 km van die Namib, maar Johnny het baie water raakgeboor. Wes van die plaas sak jy teen die Zariesberge af na ’n enorme sandvlakte – die begin van die Namib – en dan begin die sandduine ál hoër die lug in troon.

Droom oor dadels

Buiten sy Meatmasters het hy nóg ’n droom gehad: om ’n dadelboerdery te begin. “Daarvoor moet jy basies in die woestyn wees. Min reën en diep grond is belangrike vereistes, plus natuurlik genoeg water van ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related