WENBRIEF
Boere hou platteland se arms omhoog
Landbouweekblad se briewekolom lig ons gereeld in oor die verval op die platteland, dorpies wat agteruitgaan, raadslede wat hulle knuppeldik uit die belastingbetalers se trog vreet, en dienste wat afgeskeep of nie gelewer word nie. Ek sing menigmaal in dieselfde koor en wonder waar dit gaan eindig.
Ons moet wel rekening hou met die boere wat nie weet van tou opgooi nie. Die dorpe ter sprake is soos ’n moeë liggaam wat steeds ’n sterk hartklop het, danksy die boere wat weet dat hul plek in hierdie land is en dat hulle nêrens heen gaan nie.
Ek het onlangs die voorreg gehad om my skool van toentertyd se 100-jaarreünie by te woon. Dit het my aanvanklik gepla dat ek die grysste en mees geplooide tussen my skoolvriende is, maar dit was gou vergete namate ons lekker gekuier het. Van my vrinne wat steeds in die omgewing boer, het saam met hul gades met voorskoot om die lyf agter die potte gestaan en braai en heerlike geregte verkoop. Hulle het ál die kos voorsien en voorberei waarvan die wins bestem was vir die ouetehuis en verswaktesorgsentrum.
Ja, ons het gepraat oor die riool wat in die dorp se strate vloei, en