Weg!

Blitsbesoek aan ’n buurland

Ek was al vantevore by die Boesmansnek-grenspos, maar sal nie sê dat ek die omgewing goed ken nie. Albei kere was dit aan die einde van die uitdagende Drakensbergse Dwarsklim en ek was maar net te bly om die hek – verteenwoordigend van ’n stort, warm ete en sagte bed! – te sien en is so vinnig as wat ek kon teen die Thamathupas af sonder om die mooi rondom my te waardeer.

Die berggids Sarah Hearn, ’n goeie vriendin, het net voor die Covid-19-pandemie hier kom woon en sedertdien is Boesmansnek haar agterplaas. Ek en my man, Matthew, het kom kuier en saam met Sarah wil ons tot bo-op die berg stap en ook ’n stukkie van Lesotho beleef.

Interessant genoeg lê die waterskeiding (en daarmee saam ook die internasionale grens) in hierdie deel van die Drakensberg nie op die platorand se basaltkoppe nie, maar dieper in, op die borand van die sandsteenlaag. Sodra ’n mens oor ’n afgeleefde draadheining tree, is jy in Lesotho se oudste reservaat, die mooi Sehlabathebe-nasionale park, wat saam met die uKhahlamba-Drakensberg- nasionale park die Maloti-Drakensberg-oorgrenspark vorm. Voor hierdie uitstappie het ek nog nooit eens van Sehlabathebe gehoor nie, maar Sarah het belowe dat die mooi poele en rotsformasies ons sal verstom.

DAG 1 18,5 KM Grenspos na Thamathu

By die grenspos word ons paspoorte gestempel en ons teken by Ezemvelo KZN Wildlife se kantoor die stapregister. Dis ’n aangename verrassing om te hoor dat ons – selfs al gaan ons ’n beskermde gebied binne – nie ’n bewaringstarief hoef te betaal nie. Hierdie roete tussen die twee lande is glo ’n uitsondering vanweë

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg8 min read
G’n Kortpad Deur Die Langeberg!
Die noodlot het ons van meet af aan getart. Ons eerste poging om die Swellendam-roete te stap het nie verder as die Marlothnatuurreservaat se kantoor gevorder nie. Toe ons die oggend vir die inligtingsessie aanmeld, het Adam Nel, die waarnemende veld

Related