Weg!

’n Voetpad wat sy sout werd is!

Met my eerste besoek aan die Soutpansberg het ek ’n dorre, klipperige landskap verwag. Strak en genadeloos. Dit was toe wel hoe dit hier lyk – maar net ten dele. Met skaars 350mm reën in ’n goeie jaar lê die noordelike hange maar meestal horingdroog in die son en skroei. Met verloop van tyd het groot soutpanne gevorm – vandaar die berg se naam.

In kontras lyk die suidekant van die Soutpans heel anders danksy die vogtige lug komende van die Indiese Oseaan wat die Drakensberg-platorand nog verder noord stu. Hier gaan draai die reënval plek-plek bó 2000mm per jaar, met die gevolg dat mikroklimate mettertyd ontstaan het waarin etlike endemiese planten dierspesies vir hulle ’n nissie in dié geheimsinnige berg kon vind.

Dis werklik ’n plek met variasie. Hier hou 133 soorte miere, ’n broeikolonie kransaasvoëls, die massiewe Soutpansbergse rotsskerpioen (Hadogenes soutpansbergensis), die Soutpansbergse platakkedis (Platysaurus relictus), en die bedreigde Soutpansberg-rooitjie (Telchinia induna salmontana), ’n vlinder wat slegs teen die hange van die hoogste bergknoets – Lajuma – aangetref word.

Die Endangered Wildlife Trust (EWT) besit tans ’n stuk grond (2733ha) genaamd Medike in die weste van die berg. As deel van ’n langtermyndroom om die Soutpansberg se natuurskoon te bewaar, is hulle in die proses om die Wes-Soutpansberg-natuurreservaat te vestig wat ’nveel groter beskermde gebied sal wees.

Op die oomblik span verskeie grondeienaars reeds saam om hierdie pragtige berg vir besoekers toeganklik te maak: Die Old Salt Trail (OST) strek van Medike af weswaarts oor Leshiba Wilderness se grond tot in Sigurwana (ook ’n wildernisgebied), voordat dit suid swenk deur die Lajuma-navorsingsentrum se veld en dan via ’n paar private plase weer terugkrul

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
Dié Berg Dwing Respek Af!
Ná die aanhoor van verskeie rillerstories het ek Arangieskop van my staplysie geskrap. Vriende het vertel van toonnaels wat afval, bene wat breek, helikopterreddingspogings... Nee wat, om buite in die veld te wees moet ’n mens rustig maak eerder as g
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Sterreweg
Halley is verreweg die bekendste komeet. Dié komeet het onlangs op die verste punt van sy baan om die son gaan draai, en hoewel dit eers weer in 2061 naby die son gaan wees, kry ons twee maal per jaar wel brokstukkies daarvan te sien. Terwyl ’n komee

Related