Huisgenoot

TOE BYT DIE LEEU

IN SY alledaagse werk het hy baie vyande gemaak – mense met baie om weg te steek.

En hy het geweet hulle sou nie huiwer om hom groot leed aan te doen nie.

Daarom het Cloete Murray (57) moeite gedoen om sy persoonlike lewe uit die kollig te hou. Hy het hom skaars gehou op sosiale media en sy geliefdes probeer beskerm.

“Cloete het soms gesê hy weet hy trek die leeu se snorbaarde,” vertel een van sy vertrouelinge vandag.

Nogtans het hy voortgegaan met sy werk as insolvensiepraktisyn, waarin die papierspoor van korrupsie en bedrog dikwels blootgelê word.

Hy was betrokke by die likwidasie van die omstrede Bosasa-dienstegroep, wie se beweerde bande met die Gupta-familie en staatskaping deur die Zondo-kommissie van ondersoek oopgevlek is. Ook by ander sensitiewe sake waaroor hy nie sommer met Jan Alleman sou kon praat nie.

In sulke sake trek jy groot leeus se snorbaarde.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related