Weg!

Al langs die Long Tom-pas

Op ’n helder sonskyndag lê daar ’n laslappiekombers van grasvlaktes, rotsformasies en plantasies uitgestrek rondom jou terwyl jy op die Long Tom-pas langs die R37 tussen Lydenburg en Sabie ry.

Die kanse is egter goed dat jy heeltemal in die mis verdwyn, want dié hoë pas – 2 150 m!

– van sowat 26 km daal byna 670 m teen die hange van die Noordelike Drakensberg af.

Dink net hoe ontoeganklik hierdie berge in die 1840’s moes wees toe transportryers by die steil hellings afgesukkel het met ossewaens op pad na Delagoabaai (vandag Maputo).

En lank voor dit – tussen 1500 en 1820 – het die Koni-mense te voet hierdie kurwes deurkruis. Hulle het tussen Carolina en Ohrigstad teen die berghange gewoon en op terrasse geboer. Op van die plase in die omgewing lê ruïnes van hulle klipkrale – soos ou tatoeëermerke gestippel tussen die gras.

Die tekens van die ossewaroetes is ook nog sigbaar langs die R37, asook letsels van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902).

Ek verken die pas saam met die geskiedkundige Gerrit Haarhoff, skrywer van die boek Forgotten Tracks and Trails of the Escarpment and the Lowveld.

Ons het pas uit Lydenburg vertrek. Ná 17 km staan twee borde na aan mekaar: een wat die hoogste punt op die pas aandui, en ’n ander waarop staan Mauchsberg.

“Hierdie bord is verkeerd,” sê Gerrit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg8 min read
Dié Berg Dwing Respek Af!
Ná die aanhoor van verskeie rillerstories het ek Arangieskop van my staplysie geskrap. Vriende het vertel van toonnaels wat afval, bene wat breek, helikopterreddingspogings... Nee wat, om buite in die veld te wees moet ’n mens rustig maak eerder as g

Related