Weg! Ry & Sleep

Uit Die Hel na De Hoop

Ons roete begin by Willowmore in die Oos-Kaap en eindig by die De Hoop-natuurreservaat in die Wes-Kaap se Overberg-distrik. As jy douvoordag uit Gauteng vertrek, behoort jy vroegaand op Willowmore aan te kom – en Kapenaars kan die roete andersom ry en by De Hoop wegspring – dis net twee uur van Bellville af.

Willem Ore, soos Willowmore soms skertsend genoem word, lê op ’n golwende droë vlakte tussen die Aasvoëlen Slypsteenberg in die Koup-distrik. Hier is nie veel te sien en doen op die dorp nie, maar as jy by Finchly Farm oornag, kan jy môre teen die Aasvoëlberg uitry om die beginpunt van die Swartberg te sien. Dié reeks bestaan uit die Groot-Swartberg wat hier by Willowmore begin, en die Klein-Swartberg wat van Calitzdorp af strek tot by Anysberg, soos die kraai vlieg 230 km hiervandaan. Die tweespoorpad wat teen Aasvoëlberg uitklouter, het ’n paar jaar gelede ’n betonblad gekry en jy’t nie meer viertrek nodig om tot bo te ry nie. Stadsmotors sal dit egter nie maak nie, want die spoor loop plek-plek deur leegtetjies en droë rivierlope – dit kos R50 p.p. om die roete te ry.

’n Ander interessantheid lê 30 km buite Willowmore op die Klaarstroompad: die vervalle Vondelingstasie van waar jy met die treinspoor langs 9 km deur die Groot-Swartberg kan stap tot op Toorwaterstasie. Die bestuurder van die voertuig kan die 80 km lange pad óm die berg ry en die stappers aan die ander kant oppik. Vir stapper en motoris gaan dit amper dieselfde tyd neem. As jy die treinspoor en Aasvoëlberg-roete wil doen, gaan jy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
11 Zebra
Kampplek 3 staanplekke in ’n elektries-omheinde gebied, of jy kan kamp opslaan in 2 kampe buite die afgesperde gebied en die natuur deel met die Groot Vyf. Ablusiegeriewe Jy het jou eie badkamer met ’n stort, wasbak en toilet (ook opwasgeriewe). ’n G
Weg: Ry & Sleep3 min read
Wat Wag In 2024?
Die X2 is sedert Maart vanjaar beskikbaar en daar is altesame vier modelle: Die volledig elektriese iX2, die vlagskip-M35i xDrive, die sDrive 19i en die dieselaangedrewe sDrive 18d. Die iX2 gaan nie in Suid-Afrika verkoop word nie, en volgens BMW se
Weg: Ry & Sleep3 min read
Waar Gaan Die Tyd Heen?
Dit verstom my al hoe meer hoe vinnig die tyd deesdae verbyflits. Is dit net ek of het ons net nou die dag nog vir mekaar ’n voorspoedige nuwe jaar toegewens? Nou is die eerste amptelike blaaskans vir die jaar al op ons... As jy slim was en ’n bietji

Related