Weg! Ry & Sleep

Deur die land van die son

Die botanis en skrywer Eve Palmer, ’n boor-ling van die Kamdeboo, het haar wêreld beskryf as ’n land wat deur die son oorspoel word. Dit is ’n goeie beskrywing van die boomlose vlaktes tussen die Sneeuberg in die noorde en die Grootrivierberg in die suide.

Dit is ook die goeie grond waarop die Murraysendelingfamilie die sade van die Nederduits Gereformeerde Kerk ryklik gesaai het. Heelparty dorpe in die Kamdeboo kan die Murrays en hulle bydrae tot die godsdiensherlewing in die 19de eeu bedank vir hulle pragtige kerke.

Nagenoeg 200miljoen jaar vóór die koms van die mens was hier soogdieragtige reptiele wat hulle in die Kamdeboo se moerasvlakte tuisgemaak het. Ja, ’n moeras. Die fossiele, wat op tientalle plase van die Kamdeboo ontdek is, dui op dieresoorte wat nie dieselfde evolusionêre pad as die dinosourusse gestap het nie, maar eerder die oeroue voorgeslagte van alle warmbloedige diere geword het.

Hier is twee sirkelroetes wat elk sowat agt uur duur en gesamentlik 800 km op jou ryding se klok gaan sit – 500 km daarvan is grondpad. Een roete neem jou deur die berge en koppies van die noordelike Kamdeboo, terwyl die ander jou oor die vlaktes in die suide lei.

Op dié twee kontrasterende roetes gaan jy deur die nek betaal vir ’n standbeeldjie van ’n uil, deur ’n spookdorp ry wat deur ape bewoon word, en die geskiedkundige Sondagsrivier nie minder nie as 11

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep3 min read
Stellantis slaan ’n 6
In hierdie uitgawe wyk ons af van die gewone ry-indrukformaat omdat ons by een geleentheid verskeie voertuie getoets het. Dit dien ook sommer as ’n kykie agter die skerms op wat dikwels by voertuigbekendstellings gebeur. Maar kom ons begin by die beg

Related