Weg! Ry & Sleep

Die ánder pad na Addo

Waarom sal ’n mens die sieldodende deurpad van Gauteng na die Addo-olifantpark neem as daar ’n veel lekkerder agterpad is? Komaan, sit minstens vier dae opsy vir hierdie roete en programmeer die koördinate wat ons verskaf vooraf op jou GPS-toestel, want daarsonder gaan jy maklik verdwaal.

In ruil vir jou moeite kry jy die geleentheid om in ’n kloof te kamp, vier-trek te haak en ’n woud te verken... en aan die einde van jou reis word jy beloon met tonele van olifante, sebras, buffels en vlakvarke wat op uitgestrekte grasvlaktes wei. En as jy in die lente kom, sal jy boonop boklammers sien.

Dit ís moontlik om ’n boswa op hierdie roete te sleep, maar omdat die grondpadbergpasse vol skerp draaie is, raai ons jou ten sterkste af om ’n groot boswoonwa hierheen te bring. En ongelukkig hoort ’n gewone padwa nie op hierdie grondpaaie nie.

Pak jou tas, maak vol jou trokkie se brandstoftenk en mik suid na waar die grootvoete loop.

VERMY SANRAL SE SNELWEË deur agterpad langs van Gauteng tot op Deneysville aan die borand van die Riemland te ry. Van hier af volg jy die R57 deur Heilbron tot op Petrus Steyn.

Die Riemland het sy naam gekry toe hier in die 19de eeu op groot troppe wild jag gemaak is en die gebreide velle tot rieme verwerk

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars
Weg: Ry & Sleep6 min read
In Die Knyp!
Die vulsel vir hierdie pastei word tuis berei, plat soos ’n pannekoek gemaak in ’n Ziplocksakkie, en dan gevries. Dit maak pasteimaak by jou bestemming so maklik soos ontdooi, vou en braai! (genoeg vir 6) • 1 groot ui, fyngekap• 2 vet wortels, ges

Related