Weg! Ry & Sleep

Kamp tussen konings en kanonne

Van die Hoëveld af vorm Magoebaskloof een van die poorte tot die Laeveld. Deel van die R71 tussen Haenertsburg en Tzaneen is die bekende Magoebaskloofpas met ’n val van ongeveer 620 m oor 5,5 km.

As ’n mens kyk hoe skilderagtig hierdie wêreld is, verwag jy ewe spesiale kampplekke. Ons kry ons staan by twee van die plekke in die omgewing en kom agter Magoebas is ook meer as net ’n naam: Dit is ’n verhaal van ’n moord ’n eeu gelede – en die opblaas van ikoniese kanonne.

’n Borsbeeld voor die Magoebaskloof-hotel herinner ons vandag aan die oorsprong van die naam, en op Haenertsburg rus die laaste skerwe van ’n fenomenale skietding.

Van waar, Magoebas?

Meer as tien jaar gelede het ons in die omgewing kom afsaal, by Magoebaskloof Getaway, en in 2019 ’n laaste keer by die Magoebaskloof-berglodge. Ons kollega Cyril Klopper het op sy reis in laasgenoemde vertel hoe die borsbeeld van hoofman Mamphoku Makgoba – na wie die omgewing natuurlik genoem is – ’n tweede keer onthul is nadat dit vroeër voete gekry het. Gelukkig staan die Makgoba-beeld vandag nog stewig geplant in ’n vierkant by die hotel. Die vallei agter die beeld wat deur die Politsirivier gevorm word, kan ’n mens sekerlik ook die Makgobaskloof noem.

Die storie van Makgoba se laaste dae het verskillende stertjies afhangende van die bron*. Nietemin was Makgoba omgekrap, want die republiek wou belasting van hom en sy mense verhaal én dan was daar die moontlikheid van hervestiging. Dit alles was natuurlik teen die wil van die hoofman en sy mense – en ’n oorlog van ’n paar jaar het tussen hom en die Boere uitgebreek.

Makgoba is glo op ’n kol in hegtenis geneem en in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep3 min read
Eerste Indrukke Van Die ‘Nuwe’ 70-reeks
Laat in 2021 het ek in hierdie rubriek my mening gedeel oor die toekoms van die Toyota Land Cruiser 70-reeks, en spesifiek die 4.5-V8-turbodieselenjin. Nou, twee jaar later, is die 70-reeks met ’n 2.8-viersilinderenjin beskikbaar. Ek sien op YouTube
Weg: Ry & Sleep8 min read
Montagu Mág Maar!
Wie sou ooit kon dink jy sal so lekker in ’n appelkoosboord kuier... Ja, dit is presies wat die Montagu-woonwapark is – of dan eerder 33 jaar gelede was toe die eienaar, Antonette Kotze, ’n plasie op dié skilderagtige Bolandse dorp op ’n veiling geko
Weg: Ry & Sleep1 min read
Blokraai
Rek ’n bietjie jou brein se spiere met hierdie blokraai. Navorsing het getoon dit is nie net bevorderlik vir jou taal- en kognitiewe vaardighede nie, maar dis ook ’n goeie manier om te ontspan. Kry jou potlood (en uitveër) en geniet hom. Die oplossin

Related