Weg!

DOEN DIÉ 3 DINGE

1 Ry al langs die geskiedenis

± 35 km (2 uur)

Geskiedeniskenners sal gaande wees oor Pretoriuskop. In die 1800’s het verskeie handelsroetes tussen die Oos-Transvaal en Delagoabaai (nou Maputo) deur die omgewing geloop en transportryers het hier oornag. Pretoriuskop was ook die eerste kamp wat oopgestel is vir besoekers – in 1927. Én in 1947 het koning George VI en sy gesin hier tuisgegaan.

Begin jou oggend in die ruskamp en gaan kyk na die oorspronklike Wolhuterhut (genoem na die veldwagter Harry Wolhuter) en die twee huise (no. 109 en 110) waar die koninklike gesin en hulle lyfwagte oornag het.

Ry nou na die H2-2 toe. Dié roete loop deur twee stukke geskiedenis.

“Die stories oor die Voortrekkerpad, of die Jock van die Bosveld-roete, maak hierdie omgewing spesiaal,”sê Pat Mabaso, die hoofgids by Pretoriuskop.

In 1845 het Carel Trichardt op versoek van die Transvaalse goewerment ’n veilige

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va
Weg7 min read
Toe Glad Nie Rustig Nie…
“Julle gaan rustig in Magaliesberg stap? Daai roetes is alles behalwe rustig!” hoor ek by talle mense wat hierdie omgewing goed ken. Een van hulle is my vriendin, Melanie van Zyl. Sy het die boodskap wat haar op ons avontuur saamnooi, effens verkeerd
Weg8 min read
G’n Kortpad Deur Die Langeberg!
Die noodlot het ons van meet af aan getart. Ons eerste poging om die Swellendam-roete te stap het nie verder as die Marlothnatuurreservaat se kantoor gevorder nie. Toe ons die oggend vir die inligtingsessie aanmeld, het Adam Nel, die waarnemende veld

Related