Weg!

DOEN DIÉ 5 DINGE

1Ry die stil(ler) Tshokwaneroete

100 km (5½ uur)

Klim op die H1-2-pad en ry langs die Sandrivier af – kruie stadig oor die twee laagwaterbrûe en fynkam die rivier vir ’n hamerkop of bontvisvanger. Vat die Marula-ompad. ’n Luiperd hou hier én ’n trop leeus beweeg tussen die hoofpad en die grondpaadjie.

Draai van die H1-2-pad af op die S36 wat verby die Mantimahle- en Jonesdam loop. Dié stil, sanderige pad kry nie veel diere of menseverkeer nie. Dis ’n goeie alternatief vir die besige H1-2 na die Tshokwane-piekniekplek.

Hierdie piekniekplek is heel byderwets met rusbanke, ou advertensieborde teen die mure en kandelare waarvan koppies en stringe kant dwarrel. Jy kan dinge soos koedoeworspasteie en bobotiejaffels bestel.

Vir die tradisionele ouens is hier steeds braaiplekke en ’n gasbraai te huur.

Ry terug op die H1-2 en draai af na Leeupan toe – dis ’n lekker plek vir voëlkyk. Aasvoëls kom bad graag hier.

Kruis die H12 en ry terug met die H4-1. Groot bome staan op die oewer – plek-plek het een ’n naambordjie sodat jy jou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe
Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om

Related