![f0010-01](https://article-imgs.scribdassets.com/60hcmmcydcaipsc9/images/fileQR42Z7Y7.jpg)
‘SELFS ’N PSIGOPAAT OF ’N PATOLOGIESE LEUENAAR SE ONDERBEWUSSYN GAAN HOM IN DIE STEEK LAAT’
![f0010-02](https://article-imgs.scribdassets.com/60hcmmcydcaipsc9/images/file7UORIUWY.jpg)
DIT sal mos nou enigiemand briesend maak. Manlief het gesê hy gaan gholf speel en hy belowe hy sal nie ná die tyd in die klubhuis vashaak nie.
Toe hy tuiskom, maak die klankie wat hom vergesel dit duidelik hy het by die 19de putjie gekuier, maar hy ontken dit. Hoe weet jy vir seker of hy vir jou ’n wolhaarstorie vertel? Wel, een oplossing is om iemand soos Lizette Volkwyn te vra.
Vir Lizette (56) moet jy liefs nie om die bos probeer lei nie. Sy sê sy is wat ’n mens sou kon beskryf as ’n “menslike leuenverklikker”. Sy maak staat op lyftaal, taalgebruik en