Landbouweekblad

’n Eerste vir SA? Waterbuffels word ge-KI

Dink aan eksotiese kase – veral in die Wes-Kaap – en die naam Zandam, tussen die Agter-Paarl en Durbanville, kom dadelik by jou op. Een van sy produkte, Mozzarella di Bufala, gemaak van die melk van Mediterreense waterbuffels, is verlede jaar as Agri-Expo se SA Kampioenkaas aangewys en is deesdae op sekere winkelrakke beskikbaar.

Nou het mnr. Mauro Delle Donne, mede-eienaar, ook begin om Mediterreense waterbuffelsemen van sekere uitstekende bloedlyne uit Italië in te voer met die uitsluitlike doel om sy buffels se genetiese eienskappe, veral melkproduksie, asook die vastestowwe in die melk, te verbeter. Dit is waarskynlik ’n eerste in Suid-Afrika.

Hy en sy broer, Tino, en suster, Giovanna, het groot planne vir die toekoms, veral wat waterbuffelkaasproduksie betref. Tans is sowat 60 koeie lakterend uit die kudde van meer as 160 met ’n gemiddelde produksie van 5,8 liter/koei/dag. Die plan is egter om hierdie syfers heelwat op te stoot deur middel van oordeelkundige kunsmatige inseminasie (KI), maar nie soveel dat die buffelmelkkaas sy eksklusiwiteit verloor nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related