Landbouweekblad

Naatlose suiwelsukses

Hulle sê die appel val nie ver van die boom nie en dat jy ’n boer gebore word. Dit geld beslis vir mnr. Arno Schoonwinkel van Kluitjieskraal Jerseys. Reeds op ’n jong ouderdom het hy besef hy het ’n passie vir die landbou, spesifiek diere.

Vandag is hy, as die vyfde geslag op die plaas, aan die stuur van ’n suksesvolle melkery wat onlangs as SA Stamboek se Melkkudde van die Jaar aangewys is. Dit is die vyfde keer in die agt jaar dat hulle deelneem dat Kluitjieskraal dié gesogte eerbewys ontvang.

“Om te boer voel vir my amper nie soos werk nie. Dit is meer soos ’n stokperdjie waarmee ek myself heeldag wil besig hou,” sê die 32-jarige Arno op hul plaas naby Swellendam.

Saam met sy pa, Jan, en broer, Jaco (28), bedryf Arno ’n gemengde boerdery op sowat 3 600 ha met melkbeeste, kontantgewasse, Dohne-Merino’s en varke. Hoewel die Schoonwinkels interafhanklik saamwerk, is die melkplaas, wat die helfte van die boerdery beslaan, hoofsaaklik Arno se verantwoordelikheid – ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Druiwepulp By Voer Vir Melkbeeste Lei Tot Minder Metaangasvrystellings
Navorsers in Kalifornië, Amerika, het bevind as druiwepitte, -stingels en -doppe by melkbeesrantsoene gevoeg word, kan Holstein-beeste se metaangasvrystellings met 10-11% verlaag word. Die loodsnavorsingsprojek het ook bevind dat voerdoeltreffendheid
Landbouweekblad4 min read
Onstuimige Tyd Wag Op Landbou In SA
DIE kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak. “Daar is baie
Landbouweekblad1 min read
Grondherstel Kan Help Om Siektes Te Onderdruk
SEKERE grond het ’n inherente vermoë om wortelsiektes te onderdruk, dog wetenskaplikes kon nog nie vasstel watter grond dit kan vermag of hoe bestuurspraktyke die onderdrukking van siektes kan ondersteun nie. Navorsers aan universiteite in China, Spa

Related